Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Diploma

Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur

Die Departement Ondernemingsbestuur bied ‘n Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur aan vir studente wat hul studies wil voortsit, maar nie noodwendig ‘n agtergrond in bemarkingsbestuur het nie. Die Nagraadse Diploma in Bemarking is ‘n voltydse een-jaar-program.

Die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur is geskik vir nagraadse studente wat oor ‘n kwalifikasie in ‘n spesifieke rigting beskik en die sake- of professionele wêreld wil betree, maar nie opleiding of ‘n agtergrond in bemarking het nie. Tydens die program word bemarkingskennis en -vaardighede gedeel – van ‘n oorspronklike idee vir ‘n produk of diens tot die ontwikkeling en instandhouding van bemarkingsplanne en -programme. Hierdie program behoort studente se loopbaanvooruitsigte te verbreed en word hoog aangeskryf deur die bedryf.

Kontak Annali Maass by apaint@sun.ac.za​​ vir meer inligting.