Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Boodskap van die voorsitter

Voorsitter: Ondernemingsbestuur,
Professor: Strategiese Bestuur
Prof G Human
Tel: +27 21 808 2735
 

Welkom by die Departement Ondernemingsbestuur aan Stellenbosch Universiteit. Ek nooi u graag om deel te word van ons reis wat 100 jaar gelede in 1924 begin het. Ons strewe om ’n leidende navorsings-intensiewe Departement Ondernemingsbestuur in Afrika te wees. In pas met die missie van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, ontwikkel ons etiese, betrokke, en innoverende graduandi verbind tot verantwoordelike ekonomiese en sosiale vooruitgang. Ons is toegewyd tot uitnemendheid, inklusiwiteit, betrokke leer, impakvolle navorsing en betekenisvolle vennootskappe.

Ons akademiese pogramme berei studente wins-soekende en nie-wins-soekende organisasies te bestuur deur benutting van plaaslike en globale kennis. Ons voorsien ’n leeromgewing waarin studente en personeel hulle volle potentiaal kan bereik en ’n bydra lewer in meervoudige kontekse.

Sosio-ekonomiese en politieke gebeure, nuwe tegnologie, klimaats verandering en pandemies, onder andere, vorm gemeenskappe regoor die wêreld. In die Departement Ondernemingsbestuur omarm ons hierdie verandering. Ons maak konstant aanpassings met nuwe onderrig, leer en assesseringsmetodes, en moedig diep begrip by ons studente aan.

Ons personeel koester ’n ondersoekende ingesteldheid en is verbind tot samewerking ter ontginning van nuwe kennis deur deeglike navorsing. Dit is vir ons ook belangrik om die hoogste akademiese en administratiewe standaarde te handhaaf. Ons strewe na gehalte is blywend. Gedrewe deur ons kern waardes, uitnemendheid, verantwoordbaarheid, gelykheid, respek en deernis, is ons daartoe verbind om op tevoed en te ondersoek in belang van al ons belangegroepe.

Ons is begerig om hierdie reis te deel met ons studente, alumni, personeel en die sakegemeenskap. Saam leer en groei ons.

Professor Gert Human