Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ken jou SU

Bron:  Jaarverslag 2015

Visie 2030

Ons sien die Universiteit Stellenbosch (US) as 'n inklusiewe, innoverende en toekomsgerigte plek van ontdekking en uitnemendheid waar sowel personeel as studente denkleiers is wat tot diens van alle belanghebbers kennis bevorder.


Missie

Ons streef om ons visie van die Universiteit Stellenbosch te verwesenlik deur volgehoue transformasie en, op ons ontdekkingsreis deur die akademie tot diens van ons belanghebbers, onderneem ons om:

  • 'n akademiese gemeenskap te skep waarin sosiale geregtigheid en gelyke geleenthede tot sistemiese volhoubaarheid lei
  • toepaslike en volhoubare benaderings tot Afrikaontwikkeling te ondersoek en innoverend toe te pas
  • ons navorsing te rig volgens die volle spektrum uitdagings waarmee die wêreld, Afrika, ons land en die plaaslike gemeenskap te kampe het
  • student- en toekomsgerigte leer en onderrig, wat 'n passie vir lewenslange leer vestig, te handhaaf
  • in die innoverende akademieskap en kreatiewe vermoëns van al ons mense te belê
  • die inherente krag van diversiteit te ontgin, en
  • sinergistiese netwerke te vestig en uit te bou, waarin die Universiteit 'n dinamiese vennoot is.

 

Waardes

Diensbare leierskap

Ons bevorder die welwees van mense en die wêreld deur met nederigheid, verantwoordelikheid en begrip te lei.

Medeverantwoordbaarheid

Ons besef en aanvaar dat ons, in belang van die belanghebbers vir wie ons dien, gesamentlik vir die verwesenliking van die Universiteit se visie verantwoordelik is.

Empatie

Ons bevorder menswaardigheid deur 'n kultuur van respekvolle optrede – selfrespek, respek vir ander mense en respek vir die fisiese omgewing.

Innovasie

Ons dink en doen nuut en anders, en maak goeie keuses en neem goeie besluite vir onsself en vir ons belanghebbers, die land, die vasteland en die planeet.

Uitnemendheid

Alles wat ons doen, word gekenmerk deur uitnemendheid.

 

Belangegroepe

Ons dien ons belangegroepe, wat insluit:

  • voornemende studente, studente en ouers
  • werknemers en pensionarisse
  • regering, reguleerders en professionele liggame
  • alumni
  • donateure, en
  • gemeenskap (burgerlike samelewing, nieregeringsorganisasies, industrie, ander universiteite, skole, adviesrade, diensverskaffers en media).

Ons studente


Bron:  Jaarverslag 2015