Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Visie en Strategie


By die Universiteit Stellenbosch is ons sterk daartoe verbind om kennis, navorsing en innovasie in diens van die samelewing na te streef. Ons voorsien 'n wêreldklassentrum vir leer en ontwikkeling wat internasionaal relevant is, dog gewortel is in die opheffing en transformasie van ons plaaslike gemeenskappe. Ons handelinge word deur sleutelwaardes en -kenmerke gelei en moontlik gemaak deur uitsonderlike personeel en studente, grondige bedryfstelsels en onwrikbare doelgerigtheid.

  • Ons Visie en Strategie word gelei deur Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 wat verdeel is in:
    • Visie 2040, missie, waardes, kenmerke en instaatstellers
    • Strategiese Raamwerk: 2019-2024 wat 6 kern strategiese temas as instaatstellers vir hierdie Visie 2040 identifiseer.

      'n Hoëvlak-opsomming van die elemente van ons Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 verskyn hier​​. ​
  • ​Data ter ondersteuning van die visie en strategie

    In die moderne era is data die sleutel tot mededingende voordeel.  Visie en strategie by US word toenemend ondersteun deur die suksesvolle gebruik van geïntegreerde data en analises wat die waarde van inligting ontgin en beskikbaar maak vir data-gedrewe besluitneming en bestuur.

    Besoek gerus Inligtingoorsigbestuur se webruimte vir die Universiteit se statistiese profiel en ander statistiese inligting.