Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Waardesambassadeur-opleiding


Fokus

’n Waardesambassadeur is ’n persoon wat sy of haar fakulteit, departement of blyplek met waardesintegrasie en/of waardegebaseerde probleemoplossing ondersteun. Ons poog om met die waardesambassadeur-program interne kapasiteit vir ondersteuning in waardesintegrasie te ontwikkel, en sodoende die Universiteit te help om Universiteitswye waardesintegrasie te verseker.   

Wie kan bywoon?

  • Kandidate wat reeds ’n WiA-werkswinkel bygewoon het, en 
  • Ook deur hul entiteite gesekondeer word

Temas

Die waardesambassadeur-opleiding bestaan uit die volgende elemente:

  • ’n Verfrisserwerkswinkel oor WiA
  • Noodsaaklike teoretiese raamwerke
  • Bemeestering van WiA-prosesse en -hulpmiddels
  • Vaslegging van waardes in aktiwiteite en verhoudings
  • Toepassing van WiA-werkswinkelontwerp- en fasiliteringsvaardighede

Formaat

Die waardesambassadeur-program begin met ’n retraite van twee dae, waarna die ambassadeurs deel word van ’n verwysingsgroep van portuurmentorskap en voortdurende wedersydse ondersteuning.

Koste

  • Word tans uit die projekbegroting befonds.

Kontak