Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gesondheid en Welwees: Hulpbronne en Dienste​

Die COVID-19 pandemie stel tans verskeie uitdagings aan hoe ons werk, hoe ons ons spanne bestuur, en hoe ons ons lewens leef.  Bogenoemde stel besondere eise aan ons veerkragtigheid en ons vermoë om ‘n verskeidenheid van uitdagings te hanteer.  Hierdie afdeling van die US-webwerf is ʼn versamelplek van die verskeie Universiteitsdienste wat tans beskikbaar is om u eie gesondheid en welwees en dié van u studente te ondersteun. Daar is ook 'n Hulpbronne seksie met hulpmiddels, artikels, videomateriaal, en eksterne welweesdienste wat ons persoonlik nuttig gevind het in hierdie buitengewone uitdagende tyd.

 

Is u op soek na ‘n hulpbron of diens, maar u kan dit nie hier vind nie?  Of het u dalk ‘n nuttige hulpbron wat u wil aanbeveel?  Kontak ons gerus.

Stuur 'n  Epos aan Margaret Orr.

 

Sorg mooi vir uself en u geliefdes.

 

The Health & Wellbeing Workstream of the Institutional Committee on Business Continuity (ICBC).