Waardes in Aksie
Die Universiteit Stellenbosch se waardes, soos verwoord in
Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024 en
Kode 2040, is noodsaaklik vir sowel die implementering van sy strategie as die vorming van sy institusionele kultuur. Aangesien ons waardes aksieriglyne is vir die soort gemeenskap wat ons nastreef om te wees, moet dit deel word van hoe ons optree, aansluiting vind, besluite neem, en etiese uitdagings hanteer. Ons waardes vul nie alleen ons strategie aan nie – dit moet opgeneem word in elke aspek van die implementering daarvan.
Die Universiteit se waardes in aksie-projek stel werkswinkels en ander hulpbronne beskikbaar om personeel en studente te ondersteun met kapasiteitsbou vir waardegedrewe gedrag en leierskap. Klik op die indeks hier onder om toegang tot hierdie inligting te kry of gebruik die aftreklys op die spyskaartbalk.
Skuif jou muis oor die grafika vir 'n gedetailleerde beskrywing van elke waarde.