Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Waardes in Aksie

Die Universiteit Stellenbosch se waardes, soos verwoord in Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019 – 2024, is noodsaaklik om die Universiteit se strategie te implementeer asook om sy institusionele kultuur te rig. Aangesien waardes handelingsriglyne is vir die soort gemeenskap wat die Universiteit streef om te wees, moet dit 'n integrale deel uitmaak van hoe individue optree en aansluiting vind, hoe leiers lei en spanne saamwerk, hoe besluite geneem en uitgevoer word, en hoe etiese uitdagings en dilemmas hanteer word. Waardes vul nie alleen 'n instelling se strategie aan nie, maar moet geïntegreer word in elke aspek van die implementering daarvan.

Gegewe die feit dat die Universiteit 'n diverse gemeenskap is, volg ons ook 'n diverse benadering tot die bou van kapasiteit.


1. Basiese Waardes in Aksie-werkswinkel

Fokus

Dit stel deelnemers bekend aan die volgende vier belangrike temas:

  • Om uiting aan waardes te gee
  • Die hantering van waardegebaseerde dilemmas
  • Die herbeskrywing van dilemmas vir positiewe uitkomste
  • Die integrasie van waardes in leierskap, spanwerk en kultuur

Wie kan bywoon?

  • Spesifieke eenhede en/of spanne, bv. leiers met hul spanne, dekane en hul akademiese en operasionele leierskapgroep, PASD-leiers en hul bestuurspanne, subeenhede
  • Ad hoc-groepe, regoor die Universiteit

Formaat

  • Voldaagse werkswinkel (8 ure)
  • Hoogstens 16 deelnemers

Koste

  • Kontak ons asseblief om die opsies te bespreek

Kontak

 

2. Gesprekvoering oor waardegedrewe leierskap

Fokus

Eenheid- of spanleiers wat reeds die basiese WiA-werkswinkels bygewoon het om met die volgende te help:

  • Om weer met die inhoud, prosesse en hulpmiddels van die WiA-werkswinkel te verbind
  • Om te leer uit die ervaring van ander leiers ten opsigte van die implementering en integrering van waardes
  • Om hulle toe te rus met onderlinge raad oor die hantering van waardegebaseerde uitdagings of etiese dilemmas op hulle verantwoordelikheidsgebied

Wie kan bywoon?

  • Eenheid- of spanleiers wat reeds die basiese WiA-werkswinkels bygewoon het

Formaat

  • 4 x per jaar
  • 2 tot 4 ure, afhangende van behoefte

Koste

  • Word deur projekbegroting gedek

Kontak

 

​3. Opleiding van fasiliteerders

Fokus

Om interne kapasiteit te ontwikkel om skalering vir volhoubaarheid asook kitsondersteuning moontlik te maak.

Wie kan bywoon?

  • Kandidate wat reeds 'n basiese WiA-werkswinkel bygewoon het, en
  • Wat deur hul onderskeie subeenhede gesekondeer is

Formaat

  • Hoogstens 12 deelnemers
  • 'n Driedaagse werkswinkel

Koste

  • Word deur projekbegroting gedek

Kontak