info@StellenboschUni

info@StellenboschUni is 'n weeklikse e-kennisgewing wat elke Woensdag per e-pos aan personeel gestuur word om belangrike gebeure, kennisgewings en aankondigings te kommunikeer.

Plasingsbeleid:

  • Kennisgewings en gebeure moet voor 12:00 op die Dinsdag voor info@StelelnboschUni se verskyning geplaas word om vir plasing  oorweeg te word.
  • Om 'n kennisgewing te laai, kliek hier. Vir die plasing van 'n gebeurtenis, kliek hier
  • Maak seker dat Visibly Featured = Staff snippet  vir personeelkennisgewings en -gebeurtenisse gemerk is. 
  • Let asseblief daarop dat kennisgewings slegs in info@StellenboschUni geplaas sal word indien dit volledig in Afrikaans en Engels beskikbaar is.

Kontak sonika@sun.ac.za met enige vrae .

 

nuus@StellenboschUni

nuus@StellenboschUni, is 'n weeklikse e-nuusbrief wat op Donderdae per epos aan personeel gestuur word. Dit sal belangrike universiteits- en kampusnuus dra, 'n kort boodskap van bestuur, asook 'n oorsig van hoe die US daardie week in die media uitgebeeld is. 

Plasingsbeleid vir nuus@StellenboschUni:

  • Die spertyd vir bydraes vir nuus@StellenboschUni is op 'n Dinsdag om 12:00. 
  • Om meer uit te vind oor hoe om 'n artikel op te laai, klik hier. Om 'n nuusartikel op te laai, klik hier.
  • Let asseblief daarop dat artikels slegs in nuus@StellenboschUni gepubliseer sal word as dit volledig in Afrikaans en Engels opgelaai is.

Kontak newssu@sun.ac.za vir enige verdere vrae .

 

Oplaai van kennisgewings en gebeure

Maak asseblief gebruik van die Sharepoint user guides om kennisgewings en gebeure op die US se webblad te laai.

Let op die volgende:

  • Inhoud moet in Afrikaans en Engels opgelaai word.
  • Items moet op 'n Dinsdag voor 12:00 opgelaai word om vir info@StellenboschUni in ag geneem te word.
  • Gebeure moet inligting oor waar, wanneer en hoe laat die geleentheid plaasvind insluit, asook meer inligting oor wat die geleentheid behels. Besonderhede van 'n kontakpersoon is 'n vereiste.
  • Kennisgewings moet volledige, maar bondige inligting asook die besonderhede van 'n kontakpersoon insluit.
  • Banierfoto's moet in landskapformaat en 940 x 310 pixels groot wees. Klik hier vir 'n gids oor hoe om foto's vir die web reg te kry.
  • Maak seker dat foto's nie oor die teks op die webblad loop nie.
  • Gebruik hoofletters slegs waar nodig en hou opskrifte so kort as moontlik.  

Vir hulp met die oplaai van items, kontak sonika@sun.ac.za.

Vir opleiding in die oplaai van artikels, kennisgewings en gebeure, kontak spowchong@sun.ac.za. ​