pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departe​​​ment OPVOEDINGSBELEIDSTUDIE


NAVORSINGSFOKUS

Navorsing in die Departement Opvoedingsbeleidstudie verken die demokratiese transformasie van die onderwys en samelewingsveranderinge ten opsigte van opvoedingsbeleidsimplementering. Onderwysleierskap en -bestuur maak die kern van beleidsimplementering uit.


HOOFNAVORSINGSGEBIEDE​​​

DEMOKRATIESE EN BURGERSKAPSONDERWYS

Hierdie gebied behels die filosofiese ondersoek van konsepte soos gelyke regte, kommunitarisme, burgerskapsteorie en die implikasies daarvan vir die transformasie van die onderwys in skole en universiteite wat betref die implementering van opvoedingsbeleid.

DEMOKRATIESE TRANSFORMASIE VAN DIE ONDERWYS EN OPVOEDINGSBELEIDSIMPLEMENTERING

Hierdie fokusgebied verken die impak van globalisasie op transformerende werksomgewings, kwalifikasieraamwerke en assessering, sowel as die interaksie tussen narratiewe van onderwys- en skoolleierskap en -bestuur.

OPVOEDINGSBELEIDSHERVORMING IN STEDELIKE VERBAND

Hierdie navorsingsgebied word ondersoek deur die teoretiese lense van ‘beleidsvernuwing’ en ‘ruimte’ op uitgesoekte kwalitatiewe metodologieë en etnografiese terreine toe te pas.

WAT DIE KURRIKULUM ONDER JONGMENSE AKTIVEER

’n Multidimensionele verkenning van die ervarings in onderwysomgewings wat jongmense se oorgang na die volwasse lewe help struktureer, vorm of rig.

VORMING VAN DIE GEÏNDEKSEERDE IDENTITEIT EN HERBEDINKING VAN SKOLING EN SY KONTEKS

SKOOLLEIERSKAP, -BEHEER EN -BESTUUR EN MENSLIKEHULPBRONBESTUUR​​​


Aansoekproses