Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die bedryfsbestuur van die SLT is  spesifiek betrokke​ met die bestuur van dienste, fasiliteite, kliëntetevredenheid en besigheidsbehoeftes.

Alle dienste van die SLT kan op die operasionele stelsel  bespreek word.​​

 

Video Produksies​

Die proses

Die proses om beide die mobiele kamera-eenheid en die videoproduksiediens te gebruik, behels drie fases: Voor-produksie, produksie en na-produksie. Dit is belangrik dat die kliënt dwarsdeur die proses vir die nodige vergaderings beskikbaar is. Dit is ook baie belangrik om 'n opname vroegtydig te bespreek en om 'n voor-produksievergadering te skeduleer om die produksiefase te beplan. Dit sal 'n besoek insluit na die perseel waar die opnames sal plaasvind.

Voor-produksie

Die beplanningsfase van die videoproduksieproses word voor produksie gedoen. Hiertydens word die nodige inligting oor die opname/produksie verkry. Die volgende aspekte word tydens die aanvanklike vergadering met die kliënt bespreek: 

  • Datums en tye van opname
  • Lengte van finale program 
  • Leweringsdatum van die finale produk
  • Tipe opname (lesing, demonstrasie, rolspel, sport, instrumenteel/lied) 
  • Gewenste uitkomstes van die program 
  • Teikengroep
  • Fisiese ruimte (op/buite die kampus, binne/buite, beligting, dag/nag, groot/klein, geraasvlak) 
  • Getal deelnemers (een aanbieder, groepbespreking, "akteurs") 
  • Klankvereistes (regstreekse klank tydens opname, stemkunstenaar, musiek) 
  • Verantwoordelikhede van elke spanlid
  • Redigering
  • Duplikate 
  • Kostes 

Die inligting hierbo word gebruik om die kwotasie voor te berei en die produksie begin sodra die kliënt die kwotasie aanvaar.

 Produksie

Voor die opname gedoen word, besoek ons die perseel, waarna die opname begin. Die inligting wat in die voor-produksievergadering bekom is, word gebruik om te bepaal watter gereedskap vir die opname benodig sal word, bv. die tipe en aantal ligte, mikrofone, rekwisiete, ens.

Na-produksie

Sodra die opname klaar is, sal dit redigeer word, waarna die stemopnames en musiek bygevoeg word. Alles word dan bymekaar gesit om die produksie te voltooi. Die kliënt bly steeds betrokke in die proses deur insette te verskaf en sy/haar behoeftes uit te druk om te verseker dat die vereiste uitkomstes van die produksie vervul is.  Ná voltooiing van die produksie, ontvang die kliënt 'n skakel waardeur die finale produk afgelaai kan word.​​

 

Stroming & Potgooi

Stroming

Die skuif na afstandswerk en -leer maak die stroming van interaktiewe lesings/konferensies/tutoriale ’n noodsaaklike opsie. Stroming kan vanaf u spesifieke ligging gereël word, of van binne ’n uitsaai-ateljee by Telematiese Dienste, of vanaf ’n spesiaal aangepaste stromingsateljee by die SLT. Wanneer die ateljee vir ’n stromingsgeleentheid bespreek word, word al die oudiovisuele en rekenaartoerusting (soos HD-kameras, hoëgehalte mikrofone en gespesialiseerde sagteware) en tegniese ondersteuning verskaf. Die leergeleentheid of kongres word regstreeks oor die internet gestroom, terwyl dit gelyktydig opgeneem word vir redigering en publikasie ná die geleentheid. Stromingsgeleenthede by die kliënt se perseel moet met internet en klank toegerus wees.


​Potgooi

Hulp met potgooi is op aanvraag beskikbaar. The BTP kan gekontak word om u te help om ’n lesing of ’n potgooi digitaal op te neem.

 

​’n Klankdigte kamer vir opnames is beskikbaar vir beide skerm- en stem-opnames, en tegniese ondersteuning word ook verskaf. Alle nodige toerusting word verskaf of die kliënt mag sy/haar eie skootrekenaar gebruik.

 

Mobiele Kamera-eenheid

Die ateljee se mobiele kamera-opsie bied kliënte die geleentheid om hulle eie lesings, opleidingsvideo’s of bemarkingsmateriaal te laat opneem en dan op YouTube of SUNLearn gelaai te word. The SLT besit verskeie hoë-definisie mobiele kameras en bied ook die opsie van regstreekse internetstroming van die inhoud.

Videoproduksies

Die proses om beide die mobiele kamera-eenheid en die videoproduksiediens te gebruik, behels drie fases: Voor-produksie, produksie en na-produksie. Dit is belangrik dat die kliënt dwarsdeur die proses vir die nodige vergaderings beskikbaar is. Dit is ook baie belangrik om ’n opname vroegtydig te bespreek en om ’n voor-produksievergadering te skeduleer om die produksiefase te beplan. Dit sal ’n besoek insluit na die perseel waar die opnames sal plaasvind.

Lees meer onder Video P​roduksies.​

 

Multimedia & Video-redigering

Die multimedia adviseur verskaf ondersteuning aan dosente wat graag die rykheid van die inhoud van hulle programme of modules wil verhoog deur doeltreffende virtuele leerruimtes te skep en grafiese ontwerp vir meer leervriendelike materiaal te inkorporeer. Die volgende multimediadienste word aangebied:

  • Pasmaking en vestiging van ’n "look and feel" vir leermateriaal
  • Grafiese ontwerp vir die skepping van meer leerdervriendelike leermateriaal
  • Redigering van kort videogrepe​​ 

 

Aanlyn vergaderings

​Aanlyn- of virtuele vergaderings by wyse van ’n internetblaaier of rekenaartoepassing vind toenemend plaas. Die vernaamste fokus hiervan is om geografies verspreide spanne te verbind, produktiwiteit te verhoog en reiskostes te verminder. By die SLT is daar ook ’n toegewyde kamer wat vir aanlyn vergaderings bespreek kan word. Die maksimum kapasiteit van die kamer is 20 mense, en besprekings kan hier gemaak word.


​​​​​​​Alle ikone onder lisensie via Adobe Stock

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​