Undergraduate Bursaries & Loans
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

​​​​BURSARY AND LOANS SITE BANNERS (10).jpg
 

Eksterne Beurse

 Alle ander beurse en beurslenings wat deur die US geadministreer word, word bestuur volgens die spesifieke voorwaardes en kriteria soos deur die donateurs gestel. Hierdie beurse en beurslenings word toegeken deur die personeel van die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings. Hierdie toekennings word deur die Universiteit se ouditeure geverifieer vir die nakoming van die skenkervoorwaardes, asook alle ander beurstoekennings.

Studente word aangemoedig om binne die gespesifiseerde tydperk (1 Mei - 31 Augustus van die vorige jaar) om finansiële hulp aansoek te doen om in aanmerking te kom om genomineer te word vir ander finansiering.

Verdere inligting rakende maatskappye of donateurs wat finansiële hulp bied, kan gevind word in ons jaarboek onder.

2021_(Afr)_BursariesAndLoans.pdf

ISFAP Funding​


Die Ikusasa Student Financial Aid Programme (ISFAP) is gevestig as ʹn befondsingsmodel om op ʹn volhoubare manier voorsiening te maak vir die hoëronderwys koste van Suid-Afrika se finansieël behoeftige en ‘missing middle’ studente.

Die kriteria om aansoek te doen sluit in:
•    Studeer vir die eerste keer vir ʹn graad in 2021.
•    Jaarlikse familie inkomste  tussen R0 en R600 000.
•    Voorwaardelik toegelaat aan die US vir een van die volgende programme wat moontlik by die US befonds sal word in 2020: BIng, BRek, BRekLLB, BCom Bestuurswetenskappe (slegs sekere fokusareas), BCom Wiskundige Wetenskappe (slegs sekere fokusareas), BScVoedselwet, BSc Aardwetenskap en MBChB.

LW: Neem asb kennis dat die US nie die aansoek- en keuringsproses bestuur nie. Verwys asb na www.isfap.co.za vir meer inligting. Aansoeke is aanlyn by https://applyonline.isfap.co.za Kontak gerus die ISFAP-kantoor per e-pos info@isfap.co.za of telefonies by 087 805 8500 in geval van enige navrae.

Die sluitingsdatum is 16 Oktober 2020.

Departement van Arbeid


Studente met gestremdhede kwalifiseer vir (behalwe ander beurse) vir beurse van die Departement van Arbeid en moet direk by die Departement aansoek doen vir hierdie beurse.


 Funza Lushaka Beurskema


Die Funza Lushaka-beursprogram is 'n meerjarige program om onderrig as beroep te bevorder. Daar is beurse beskikbaar om studente in staat te stel om 'n onderwyskwalifikasie in 'n nasionale prioriteitsarea te voltooi. Die ontvangers van die beurs moet aansoek doen
aanlyn vir die beurs elke jaar. Die ontvanger moet ook elke jaar die plasingsinligting voltooi soos benodig.

Lees meer op https://www.eservices.gov.za/