Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​DIERENAVORSING

Alle dierenavorsing in die Fakulteit word onder beskerming van die universiteit gedoen. Alle navorsings- en onderrigprogramme waarby diere betrokke is en wat aan die Universiteit Stellenbosch en op satellietterreine uitgevoer word, moet aan die Navorsingsetiek-komitee: Sorg en Gebruik van Diere, vir ondersoek en goedkeuring voorgelê word. 

​​Die Fakulteit maak gebruik van klein soogdiere en ander klein diere vir onderrig en navorsingsdoeleindes. Hierdie diere word bestuur deur 'n gekwalifiseerde en geregistreerde dieretegnikus, 'n gesamentlike aanstelling deur die Fakulteite Natuurwetenskappe, AgriWetenskappe, en Geneeskunde en Gesondheidwetenskappe. Die Fakulteit Natuurwetenskappe se klein soogdiere (konyne, rotte en muise) word in 'n anneks tot die Mike de Vries-gebou gehuisves en amfibieë word in die Natuurwetenskappe-gebou gehuisves. Die Dierefasiliteit word deur die Departement Fisiologiese Wetenskappe bestuur.


Meer Inligting

Vir verdere inligting oor die fasilteite kontak:

​Me Judith Farao
+27 21 808 3631
Stuur e-pos

Veearts:
Dr Este Spies
Stuur e-pos

Vir inligting oor dierenavorsing en diere-etiek, besoek navorsingswebblad​​​.​


MEGANIESE​ WERKSWINKEL​​​​

Die meganiese werkswinkel wat deur die Department Fisika bestuur word, word in die Merensky-gebou gehuisves en lewer fynmeganiese dienste. Die werkswinkel is verantwoordelik vir die ontwerp en vervaardiging van wetenskaplike en tegniese instrumente. In oorlegpleging met navorsers, ontwerp die werkswinkel instrumente op aanvraag, hulle modifiseer bestaande instrumente, en ontwerp en maak ook onderdele of gedeeltes van instrumente. Dit sluit in die ontwikkeling en maak van unieke apparatuur vir die uitvoer van wetenskaplike eksperimente. Fynmeganiese herstelwerk word ook gedoen. Die fasiliteite maak voorsiening vir draai-, frees- en paswerk, asook vir fyn sweiswerk.


Konta​k​

021 808 3235
Stuur e-pos
Aanvraag vir dienste​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​