Hoof van Stellenbosch Universiteit Immunologie Navorsingsgroep (SUN-IRG)
Spanleier van TB Biomerker Groep
Hoofnavorser en Senior Wetenskaplike
Gerhard lei SUN-IRG as die hoofnavorser vir meeste van ons projekte.
Sien gerus sy
navorserprofiel.
Dr André Loxton
Tel: +27 21 938 9399
gl2@sun.ac.za
Spanleier Vaksien Immunologie Groep
Hulpbronbestuurder
Senior Navorser
Andre is aan die hoof van die Vaksien Immunologie Groep in SUN-IRG. Hy bestuur ook die hulpbronne namens die groep – dit sluit toesig oor navorsingstoelae, aankope en personeelaanstellings in.
Sien gerus sy
navorsersprofiel.
Dr Novel Chegou
Tel: +27 21 938 9069
novel@sun.ac.za
Leier van TB Diagnostiese Groep
Senior Wetenskaplike
Novel lei die navorsing wat ondersoek instel na TB Diagnostiese toetse. Dit sluit die ontwikkeling en patentering van sulke toetse in.
Sien gerus sy
navorserprofiel.
Liesel Muller
Tel: +27 21 938 9839
lmuller@sun.ac.za
Gehalteversekeringsbestuurder
Die gehalteversekeringsbestuurder is verantwoordelik vir die gehaltesisteem vir SUN-IRG. Die doel is om ‘n gehaltesisteem te onderhou wat aan ISO 15189 voldoen vir hanteer en prosessering van kliniese monsters. Gehalteversekering sluit al die aktiwiteite van ons groep in, om te verseker dat betroubare en akkurate toetse en navorsing te alle tye uitgevoer word. Dit sluit dokumentkontrole, laboratoriumoudits, bestuuroorsig, hanteer en stoor van monsters, klagtes, verbeterings en tegniese en gehalte rekords in. Dit word bereik deur ‘n deurlopende program om sisteme en prosedures te verbeter.
Bronwyn Smith
Tel: +27 21 938 9839
bronwynt@sun.ac.za
Laboratorium Spanleier
The Laboratorium Spanleier koördineer die daaglikse vloei van laboratoriumprojekte om die effektiewe verloop van al die studieaktiwiteite te verseker.
Prof Gian van der Spuy
Tel: +27 21 938 9402
gvds@sun.ac.za
Kim Stanley
Tel: +27 21 938 9402
kstanley@sun.ac.za
Databasisbestuurder
Die databasisbestuurders bestuur die organisasie, stoor van en toegang tot die informasie in die databasisse en ontwikkel gepasde strukture volgens die spesifieke behoeftes van elke studie. Hulle monitor ook alle data-invoere.