Waar pas hierdie program in?
Die 4-jaar-BCom (Bestuurswetenskappe) met fokusarea Internasionale Besigheid word deur die Departement Ondernemingsbestuur van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangebied. Die program behels onder meer ‘n uitruilsemester aan die einde van die derde studiejaar (studente skryf by ‘n vennoot-universiteit in die buiteland in), ‘n kombinasie van BCom-modules by die Fakulteite Regsgeleerdheid, en Lettere en Sosiale Wetenskappe, en ‘n vreemde taal (Chinees, Duits of Frans) in die tweede jaar.
Waarom die behoefte aan hierdie program?
Hierdie graad voorsien in die behoefte om gegradueerdes te lewer wat rolspelers in die internasionale kennisekonomie kan word. Dié graad berei studente voor om in die internasionale sakewêreld te floreer, danksy kursusse in ekonomie, bemarking, finansies, bestuur, inligtingstegnologie, handelsreg, politieke wetenskap, interkulturele kommunikasie en ‘n vreemde taal.
Wie behoort aansoek te doen vir die program?
Studente wat belangstel in ‘n loopbaan as konsultante of bestuurders in multinasionale maatskappye of internasionale ontwikkelingsorganisasies behoort aansoek te doen.
Wat sal jy leer?
Die modules in hierdie graad dek kundigheid wat verwag word van diegene wat in ‘n loopbaan by ‘n internasionale maatskappy belangstel.
Die modules sluit Ondernemingsbestuur, Ekonomie, Finansiële Rekeningkunde, Inligtingstelsels, Statistiek en Datawetenskap, en Renterekening in. Keusevakke soos Bedryfsielkunde, Filosofie, Professionele Kommunikasie, en Sosiologie verskaf verdere diepte aan die leerervaring.
Jaar 1 (120 krediete)
Verpligte modules
Ondernemingsbestuur | 113(12), 142(6) |
Ekonomie | 114(12), 144(12) |
Finansiële Rekeningkunde | 188(24) |
Inligtingstelsels | 112(6) |
Statistiek en Datawetenskap | 188(18) |
Renterekening | 152(6) |
Keusevakke: modules uit die onderstaande lys om ten minste 120 krediete op te maak
Bedryfsielkunde | 144(12) |
Filosofie | 114(12), 144(12 |
Professionele Kommunikasie | 144(16) |
Sosiologie | 114(12), 144(12) |
Jaar 2 (144 krediete)
Verpligte modules
Ekonomie | 214(16), 244(16) |
Politieke Wetenskap | 114(12), 144(12)2 |
Plus minstens 24 krediete uit een van die volgende vakke (alle modules)
Chinees | 178 (24) or |
Frans | 178 (24) [188(24) indien die student Frans op Graad 12-vlak geslaag het] of |
Duits | 178 (24) [188(24) as die student Frans op Graad 12-vlak geslaag het] |
Plus minstens 32 krediete uit een van die volgende vakke (alle modules van die vak)
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur | 214(16), 244(16) or |
Finansiële Bestuur | 214(16), 244(16)** or |
Bemarkingsbestuur | 214(16) §, 244(16) § |
Plus minstens 32 krediete uit die volgende
Keusemodules
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur | 214(16) ƒ, 244(16) ƒ |
Finansiële Bestuur | 214(16), 244(16) ** |
Beleggingsbestuur | 254(16) ** |
Bemarkingsbestuur | 214(16) §, 244(16) § |
Sosiologie | 212(8), 222(8), 242(8), 252(8) |
Ƒ Indien studente Entrepreneurskap en Innovasiebestuur 214 en 244 kies, kan hulle nie Sosiologie 212, 222, 242 en 252 kies nie, weens roosterbotsings.
** Finansiële Bestuur 244(16) kan nie saam met die keusevak Beleggingsbestuur 254(16) gekies word nie, weens roosterbotsings.
§ Indien studente die Bemarkingsbestuur-stroom kies, is Bedryfsielkunde 224 verpligtend, en kan in die tweede óf derde jaar geneem word.
Jaar 3 (minstens 132 krediete)
Verpligte modules
Uitruilsemester | 342(60) [slegs bedoel vir studente wat vir die BCom (Internasionale Besigheid) by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is] |
Inleiding tot Interkulturele Kommunikasie | 312(12) |
Regsaspekte van Internasionale Besigheidstransaksies | 312(12) |
Bestuur van Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid | 312(12) |
Politieke Wetenskap | 222(8) |
Plus 1 van die volgende modules wat nie in Jaar 2 geneem is nie
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur | 214(16) § or |
Finansiële Bestuur | 214(16) or |
Bemarkingsbestuur | 214(16) § |
Of minstens 24 krediete van die volgende Jaar-4-keusemodules, op voorwaarde dat studente oor die nodige modulekrediete beskik
Ekonomie | 318(24) |
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur | 318(24) |
Finansiële Bestuur | 314(12) ƒ, 332(12) ƒ |
Beleggingsbestuur | 314(12), 324(12) |
Bemarkingsbestuur | 314(12) §, 324(12) § |
Keusemodules (minstens 12 krediete uit die volgende)
Bedryfsielkunde | 224(16) § |
Politieke Wetenskap | 212(8) |
Sosiale Antropologie | 324(12) ƒ |
§ Indien studente die Bemarkingsbestuurstroom kies, is Bedryfsielkunde 224 verpligtend en dit kan in Jaar 3 of 4 geneem word.
Ƒ Indien studente Finansiële Bestuur 314 en 332 kies, kan Sosiale Antropologie nie gekies word nie, weens roosterbotsings.
Jaar 4 (120 krediete)
Verpligte modules
Strategiese Bestuur | 344(12) |
Plus 1 van die volgende vakke (alle modules) om die fokusarea van Jaar 2 en 3 voort te sit
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur | 318(24), 348(24) or |
Finansiële Bestuur | 314(12)***, 332(12)***, 352(12), 354(12) or |
Beleggingsbestuur | 314(12) 324(12), 344(12), 348(12), 354(12) or |
Bemarkingsbestuur § | 314(12) ƒ, 324(12) ƒ, 344(12), 354(12) |
Keusemodules (van die onderstaande lys, om minstens 120 krediete op te maak saam met die modules hierbo)
Ekonomie | 318(24), 348(24) |
Entrepreneurskap en Innovasiebestuur | 318(24), 348(24) |
Finansiële Bestuur | 314(12)***, 332(12)***, 352(12), 354(12) |
Beleggingsbestuurt | 314(12), 324(12), 344(12), 348(12), 354(12) |
Bemarkingsbestuur § | 314(12) ƒ, 324(12) ƒ, 344(12), 354(12) |
Bedryfsielkunde | 224(16) § |
Politieke Wetenskap
| 242(8), 324(12) ƒ |
Sosiale Antropologie | 324(12)*** |
§ Indien studente die Bemarkingsbestuurstroom kies, is Bedryfsielkunde 224 verpligtend, en dit kan in Jaar 3 of 4 geneem word.
Ƒ Indien studente Bemarkingsbestuur 314 en 324 kies, kan Politieke Wetenskap 324 nie gekies word nie, weens roosterbotsings.
*** Indien studente Finansiële Bestuur 314 en 332 kies, kan Sosiale Antropologie 324 nie gekies word nie, weens roosterbotsings.
Meer oor die program
-
Aantal plekke beskikbaar: 100
-
Onderrigtaal: Engels
-
Plek van aanbieding: Alle kontaksessies word gedurende die dag op die hoofkampus van die Universiteit Stellenbosch aangebied, tensy anders aangedui
Toelatingsvereistes
- Ten minste 70% vir Wiskunde
- Ten minste 70% vir Engels eerste taal of ten minste 80% vir Engels eerste addisionele taal
- Ten minste 70% vir enige addisionele taal
Meer besonderhede
-
Programbrosjure: Die
brosjure van die Departement Ondernemingsbestuur kan hier afgelaai word. Dit bevat ‘n tabel met al die modules wat in hierdie graad gedek word.
-
Programinligting: Sien al die voorgraadse programme van die Departement Ondernemingsbestuur
hier.
- Sien ook die
Kalender van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe hier.
-
Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2022
-
Kontakpersoon vir navrae oor hierdie program: Morné Daniels by +27 (0)21 808 2392 of
mmd@sun.ac.za
-
Waar om aansoek te doen:https://student.sun.ac.za/signup/