Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene Vrae

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​Vraag: Hoe kontak ek die Departement?

Antwoord: Verwys na kontak ons.


Vraag: Hoe doen ek aansoek vir die honneursgraad in Ondernemingsbestuur?

Antwoord: Kontak die Registrateur by die Administrasie van die Universiteit soos aangedui in kontak ons, voltooi die nodige vorms en heg u volledige studierekord daarby aan. Hierna sal die inligting aan die Departement deurgestuur word vir evaluering/keuring. Maak asseblief seker dat u aan al die vereistes van enige program voldoen voordat u aansoek doen.


Vraag: Hoeveel krediete het ek nodig om die honneursgraad in Ondernemingsbestuur te verwerf?

Antwoord: ‘n Student moet 120 krediete verwerf waarvan ten minste 76 van die krediete in die Departement Ondernemingsbestuur verwerf moet word. Raadpleeg verder die nagraadse studie in ondernemingsbestuur wat jaarliks deur die Departement Ondernemingsbestuur uitgereik word.


Vraag: Hoe kan ek toelating tot die Honneursprogram verkry indien my gemiddeld van my derdejaar Ondernemingsbestuurmodules nie 60% is nie?

Antwoord: Modules waarin 'n lae punt behaal was in die pas afgelope eksamen kan herhaal word of slegs die eksamen kan met die toestemming van die betrokke dosent weer geskryf word. Dit raak nie 'n krediet wat voorheen reeds verwerf is nie.


Vraag: Waarvoor moet ek registreer in my eerste jaar?

Antwoord: Klik op die volgende skakel vir meer inligting oor die voorgraadse programme: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Jaarboek.​


Vraag: Wat word vereis vir toelating?

Antwoord: Matriekvrystelling en 60% in Wiskunde word vereis vir toelating tot enige van die ses programme.


Vraag: Wat is die sluitingsdatum vir aansoeke?

Antwoord: Aansoeke vir toelating tot enige van die ses programme moet voltooi wees voor die einde van Junie. 


Vraag: Hoe doen ek aansoek?

Antwoord: Elektroniese aansoeke:​


Die Registrateur, Universiteit Stellenbosch
Privaatsak X1, MATIELAND​ 7602

Die Universiteit se Jaarboek met algemene inligting (Deel 1) en volledige besonderhede van die programme waarin daar in die Jaarboek na verwys word (Deel 10) is ook hier verkrygbaar.​