Die Departement Ondernemingsbestuur het in 1924 sy deure opgemaak met twee studente. Vandag het die departement meer as 8 000 geregistreerde studente, en lewer ons alumni 'n groot bydrae tot die verantwoordelike bestuur van ondernemings oor die hele wêreld heen.
- 15 September 1924: Die Departement Ondernemingsbestuur word gestig. Prof CGW Schuman word as senior lektor aangestel.
-
Studentegetalle (voorgraads en nagraads) deur die jare illustreer hoe die departement gegroei het.
- 1924: 2
- 1940: 112
- 1950: 177
- 1960: 415
- 1970: 962
- 1980: 1294
- 2021: Meer as 9000
-
Departementshoofde (voorsitters) sedert die stigting van die departement:
- 1924 – 1960: Prof CGW Schumann
- 1961 – 1969: Prof Jan van der Meulen
- 1970 – 1983 (behalwe 1976): Prof Awie Scheurkogel
- 1976: Prof Rias van Wyk
Die volgende personeel het ook as voorsitters gedien:
- Prof Izak Lambrechts
- Prof Marius Leibold
- Prof PG du Plessis
- Prof FJ Mostert
- Prof Johann de Villiers
- Prof Nic Terblanche
- Prof Laetitia van Dyk
- Prof Christo Boshoff
- 1985: Die akademiese en administratiewe personeel het reeds heelwat toegeneem. Daar is daar ook begin om kursusse deeltyds aan te bied. Nuwe vakrigtings soos Distribusiebestuur, Korttermynversekering, Eiendomsbelegging en Finansiering, Futuristiek, en Produksie en Operasionele Bestuur word oor tyd bygevoeg.
- 1994: Die naam van die departement word tydens 'n gala-aand by Oude Libertas, Stellenbosch, van Bedryfsekonomie na Ondernemingsbestuur verander.
- 1997: Die personeelkorps (akademies en administratief) staan nou op 18.
- 15 September 1999: Die Departement Ondernemingsbestuur vier sy 75ste bestaansjaar. Bekende oudstudente sluit in die atleet Elana Meyer, voormalige rugbykaptein Morné Du Plessis, en sakelui soos GT Ferreira en Whitey Basson.
- Desember 2021: Die departement het 27 voltydse akademici en 5 steunpersoneel. Die aantal studente staan nou op meer as 9 000.