School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor die kwalifikasie

​​

ʼn Geoktrooieerde Rekenmeester (GR) werk onder andere:  

As ʼn ouditeur en/of rekenmeester vir ʼn ouditeursfirma en is onder andere vir die volgende verantwoordelik: 

  • Uitvoer van wetlik voorgeskrewe oudits; 
  • Lewering van bestuursadviesdienste, belastingdienste en advies rakende inligtingstegnologie. 

As ʼn rekenmeester in handel en nywerheid (bv. die finansiële- of mynsektor), verantwoordelik vir die behartiging van ʼn reeks pligte wat die volgende insluit:

  • Bestuursinligting; 
  • Finansiële verslagdoening; 
  • Interne beheer;
  • Belastingsake; 
  • Batebestuur.

As ʼn onafhanklike konsultant in areas wat bestuursadvies, belastingadvies en advies rakende inligtingstegnologie insluit.

As ʼn onafhanklike besigheidsman/vrou

ʼn Groot aantal beroepsgeleenthede bestaan.  Geoktrooieerde Rekenmeesters is in groot aanvraag in Suid-Afrika en ook wêreldwyd. Ouditeursfirmas is van die groot werkgewers van GRs. Van die groter ouditeursfirmas is Deloitte, Ernst & Young, KPMG en PricewaterhouseCoopers.​

Hoe om 'n GR te word

ʼn GR gebruik die titel GR(SA) en is ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR). Indien studente die roete volg wat deur Stellenbosch Universiteit aangebied word, moet hul vir die BRek-graad (3 jaar) registreer en daarna vir die dan ‘n nagraadse kwalifikasie, naamlik die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NDR) (1 jaar) of die HonsBRek-graad (1 jaar).  Nadat die vereiste tegniese kennis op universiteit verwerf is, word ʼn driejaar kontrak met ʼn geregistreerde ouditeursfirma of ander geregistreerde opleidingsorganisasie in handel en nywerheid aangegaan om die vereiste praktiese ondervinding op te doen.  Gedurende die eerste jaar van hulle leerlingskap kan leerlingrekenmeesters die eerste deel van die professionele eksamen van die SAIGR, wat as die Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ATB) bekend staan, skryf.  

Nadat  ʼn voornemende GR die ATB geslaag het, moet hy/sy ʼn spesialiskursus (wat nie deur Stellenbosch Universiteit aangebied word nie) voltooi en na 20 maande se leerlingskap is hy/sy geregtig om die finale deel van die professionele eksamen van die SAIGR, bekend as die Assessering van Professionele Bevoegdheid, te skryf.  ʼn Voornemende GR wat aan al hierdie vereistes voldoen en sy/haar drie jaar van leerlingskap voltooi het, word toegelaat om by die SAIGR as ʼn GR(SA) te registreer.​

​​