School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe werk dit by die US?

​​​


Akademiese klerke word vanaf 1 Februarie tot 31 Desember van die betrokke jaar aangestel.

Sover prakties moontlik word elke klerk aan ʼn bepaalde vakgebied of vakgebiede (Belasting, Finansiële Rekeningkunde, Ouditkunde, Bestuursrekeningkunde en Inligtingstelsels) toegewys en hy/sy rapporteer aan die betrokke afdelingshoof of vakhoof.

Akademiese klerke se werksure is van 08:30 tot 16:00 of van 09:00 tot 16:30.

Akademiese klerke is geregtig op 23 werksdae gewone verlof gedurende die jaar, waarvan 10 in Desember geneem moet word.  Die oorblywende verlofdae moet sover moontlik gedurende amptelike Universiteit resestye geneem word en nie tydens kwartaaltyd nie.

Die werk van elke klerk word tweemaal per jaar in samewerking met die betrokke afdelingshoof/vakhoof geëvalueer aan die hand van die SAIGR se vereistes in hierdie verband, en verslae word aan die SAIGR gestuur. Die interim evaluering bied ook die geleentheid om verdere ontwikkelingsgeleenthede betyds te identifiseer en gedurende die res van die jaar aan te spreek.​