School of Accountancy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sosiale Impak deur Navorsing


Een van die sleutelmeganismes tot die Skool vir Rekeningkunde se beskikking om 'n maatskaplike impak te maak, is deur navorsing. Die Skool vir Rekeningkunde maak 'n impak deur verskeie wetenskaplike geakkrediteerde plaaslike en internasionale tydskrifpublikasies, sowel as konferensieverrigtinge en betrokkenheid by deskundige paneelbespreking. Die Skool se impak is nie beperk tot die akademiese sfeer nie. Personeel van die Skool dra by tot die publieke en sakediskoers deur verskeie gewilde publikasies en aanbiedings aan die professionele rekeningkundige en sakegemeenskap. Personeel stel ook hulle tyd vry om op te tree as beoordelaars en deelname aan organiseringskomitees van konferensies en navorsingsverwante inisiatiewe.


Die navorsing wat binne die Skool vir Rekeningkunde gedoen word, is gefokus op vier hoofareas:

1.     Korporatiewe bestuur en finansiële verslagdoening;

2.     Bestuursrekeningkunde en beheer;

3.     Belasting; en

4.     Rekeningkunde Onderrig.

Navorsing binne die gebied van korporatiewe bestuur en finansiële verslagdoening, en bestuursrekeningkunde en beheer dek verskeie onderling gekoppelde temas. Sulke navorsing lig beleid en praktyk in, en help om ons sosiale omgewing te vorm deur debat oor onderwerpe soos die gehalte van geïntegreerde verslagdoening om besluitneming, direkteursvergoeding, belangegroepverhoudings en ESG in die algemeen aan te help.

Navorsing op die gebied van belasting word aangevoer as sosiaal betekenisvol vir die funksionering van alle belangrike regulatoriese raamwerke en die integrasie van statutêre reg in die raamwerk van gemeenregtelike beginsels[1]. 'n Begrip van die bepalings van korporatiewe belastingvermyding help reguleerders verder om geskikte intervensies te ontwikkel om belastingvermyding te verminder. 

Die deelname aan kwaliteit navorsing in Rekeningkundige Onderrig verbeter dosente se onderrigpraktyke, wat lei tot verhoogde studentesukses en indiensneembaarheid en verseker dat die Skool gegradueerdes lewer met die nodige eienskappe en bevoegdhede om te verseker dat hulle in die toekoms geskik is vir die wêreld van werk.

Meer inligting oor navorsing by die Skool vir Rekeningkunde is beskikbaar onder elke personeellede se navorsingsprofiel by hierdie skakel.


Verdere inligting​

Diegene wat belangstel, kan verdere inligting kry by​


Dr. George Nel

Tel: +27 21 808-3889

E-pos: gfn@sun.ac.za

Posadres: Skool vir Rekeningkunde, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland, 7602. ​

 

[1] Roux, T. (2014). Judging the quality of legal research: A qualified response to the demand for greater methodological rigour. Legal Education Review, 24, 177–204. https://doi.org/10.2139/ssrn.2499258.