Algemeen
Die Universiteit van Stellenbosch bied die grade MRek (Belasting) en MCom (Belasting) gedoseerde opsies as tweejarige programme aan. Daar is geen verskil in die inhoud van hierdie twee graadprogramme nie. Die keuse tussen die twee graadprogramme hang af van die kwalifikasies deur die betrokke student verwerf voor die aanvang van hierdie programme.
Studente wat in besit is van 'n Hons BRek graad, BRekLLB graad of die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde volg MRek, terwyl studente wat in besit is van beide 'n BCom graad (met regsvakke) en ʼn LLB graad, MCom volg.
Die doel van die programme is om kandidate voor te berei as belastingkonsultante en hulle in staat te stel om belastingwetgewing en regspraak te kan interpreteer ten einde belastingadvies en -opinies te verskaf. Dosente en studieleiers bestaan uit voltydse personeel van die Universiteit van Stellenbosch asook verskeie belastingkundiges wat werksaam is in die handel en nywerheid, die rekenmeestersprofessie of by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Inhoud van die programme
Twee opsies is beskikbaar onder beide die MRek (Belasting) en die MCom (Belasting).
LET DAAROP DAT DIE BESONDERHEDE VAN DIE GEDOSEERDE OPSIE HERSIEN
WORD EN DAT DIE DETAIL EERS LATER BESKIKBAAR SAL WEES
Gedoseerde opsie (BEL 888) | Eerste jaar: Gevorderde Belasting 871* - Lesings vind op plaas op 'n aantal Saterdae per jaar van 08h00 tot ongeveer 14h00 - Verskeie werksopdragte moet deur die jaar ingehandig word. - 'n Mondelinge aanbieding wat met die navorsingswerkstuk verband hou moet gemaak word.Die onderwerp van die navorsingswerkstuk vir Bel 872 moet gekies en goedgekeur word. - 'n Oopboek eksamen moet gedurende September afgelê word.
Tweede jaar: Gevorderde Belasting-werkstuk 872*'n Navorsingsprojek van beperkte omvang volgens die voorskrifte van die Skool vir Rekeningkunde moet voltooi word, bestaande uit 'n navorsingswerkstuk asook 'n verwante artikel publiseerbaar in 'n geakkrediteerde vaktydskrif. *Let wel: Hierdie twee modules moet individueel geslaag word en die slaag van Gevorderde Belasting 871 is 'n voorvereiste vir Gevorderde Belastingwerkstuk 872.
|
Tesisopsie (BEL 878) | Eerste en tweede jaar: 'n Navorsingsprojek volgens die voorskrifte van die Skool vir Rekeningkunde, bestaande uit ʼn tesis asook 'n verwante artikel publiseerbaar in 'n geakkrediteerde vaktydskrif. |
Die program onder die doseeropsie word op ʼn tweejaarlikse siklus aangebied. Dit beteken dat 'n nuwe groep studente slegs elke tweede jaar tot die program toegelaat word. Die volgende siklus sal in Januarie 2020 'n aanvang neem. Slegs aanlyn-aansoeke word aanvaar en vir die 2020-siklus moet dit die Universiteit voor/op 31 Oktober 2019 bereik.
Lesings wat onder die doseeropsie aangebied word bestaan uit interaktiewe groepsbesprekings en daar word van studente verwag om deeglik voor te berei vir hierdie lesings. Die bywoon van alle lesings is verpligtend en die graad moet binne twee jaar voltooi word, met 'n maksimum van drie jaar wat toegelaat word. Streng vereistes geld vir toelating tot die derde jaar van studies.
Bywoning van lesings wat handel oor skryfvaardighede en die skryf van ʼn navorsingsvoorstel is verpligtend.
Die inhoud van die program word met elke inname hersien en geen besonderhede is tans beskikbaar nie.
Onderrigmedium Doseeropsie: Engels en/of Afrikaans
Tesisopsie: Engels of Afrikaans
Toelatingsvereistes
MRek (Belasting)
Die grade HonsBRek, BRekLLB of die Nagraadse Diploma in Rekeningkunde (NDR) (na verwerwing van 'n erkende BCom of BRek baccalaureusgraad) van hierdie Universiteit of van 'n ander graad, plus sodanige ander voorbereidende werk wat die Senaat vir die doel goedgekeur het.
MCom (Belasting):
Beide die grade BCom (met Regsvakke) en LLB van hierdie Universiteit of 'n ander graad plus sodanige ander voorbereidende programme wat die Senaat vir die doel goedgekeur het.
Aangesien slegs 'n beperkte aantal studente in die program geakkommodeer kan word, sal 'n vooraf goedkeurings- en toelatingsproses, in ooreenstemming met die Universiteit se oorhoofse beleid, plaasvind. ʼn Aansoek vir hierdie program waarborg dus nie aanvaarding tot die program nie.
Verdere voorvereistes is
- Akademiese prestasie in die relevante voorgraadse en/of nagraadse grade en in Belasting ('n minimum van 60% of 70% in die geval van akademiese klerke). Dit speel 'n bepalende rol in die keuring en toelatingsproses.
- Praktiese ondervinding in die belastingveld verkry deur voltooide SAICA of CIMA leerlingskap (klerkskap) of as prokureur (behalwe in die geval van akademiese klerke).
Buiten voldoening aan die voorgenoemde vereistes, sal daar van aansoekers wat die kortlys haal verwag word om ʼn vyf-bladsy belastingopinie oor ʼn spesifieke belastingvraag wat aan sodanige aansoekers verskaf sal word, te skryf. Dit sal in die finale toelatingsproses oorweeg word.
Aansoekvorms
Aansoeke vir die doseeropsie (888) ten opsigte van die 2020 siklus sluit op 31 Oktober 2019.
Voornemende studente kan elektronies aansoek doen deur op die onderstaande skakel te kliek: ELEKTRONIESE AANSOEKE
Aansoekvorms
is ook by die Fakulteitsekretaris, Me Nazli Daniels, beskikbaar:
Telefoon: +27 21 808 4837
Epos: Mrs. Nazli Daniels
Adres:
Administrasie Blok A, Universiteit Stellenbosch
Programleier inligting:
Tot 31 Desember 2019
Prof L van Heerden GR(SA), MCom (Belasting), LLB
Telefoon: +27 21 808 3434
Epos: Prof. Linda van Heerden
Vanaf 1 Januarie 2020
Me M Malan GR (SA), CFP®, Gev. LLM (Internasionale
Belasting) (Leiden)
Telefoon: +27 21 8083683
Epos: Me M Malan
Inligting oor gelde vir Internasionale Studente