Corona virus:
Aandag Voorgraadse student,
Die Universiteit Stellenbosch (US) monitor die ontwikkeling rondom die koronavirus-uitbraak noukeurig. In 'n poging om persoonlike kontak te beperk en alle partye te beskerm, ontvang die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings op die Stellenboschkampus, Administrasie A-gebou, verkieslik geen instapkliënte nie. Stuur 'n e-pos na biancal@sun.ac.za as u onseker is met wie u moet kontak maak. Vir algemene voorgraadse befondsingsaangeleenthede, skryf dit aan info@sun.ac.za.
Opdaterings rakende ons kantooraktiwiteite sal op die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Leningswebwerf geplaas word: www.sun.ac.za/VoorgraadseFinansieleSteun
Ons wil u ook verwys na die Universiteit Stellenbosch se Covid-19 webwerf vir belangrike kennisgewings, kontakbesonderhede en hulpbronne:
http://www.sun.ac.za/english/covid-19-coronavirus-disease-2019.
Ons waardeer u begrip en samewerking opreg tydens hierdie buitengewone en moeilike tyd.
Vriendelike groete,
Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Leningspan, Universiteit Stellenbosch