Science Café Stellenbosch is 'n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor die wetenskap aan te moedig.
Die doel van 'n Science Café is om die gaping tussen die wetenskap en die algemene publiek te oorbrug deur middel van 'n gesprek in 'n nie-akademiese omgewing soos 'n restaurant of 'n kafee. Daar is reeds honderde soortgelyke Science Cafés regoor die wêreld.
Prof. Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, sê dit bied die ideale geleentheid om die publiek by gesprekke oor die wetenskap te betrek: "Wetenskaplikes word verplig om hul resultate te kommunikeer, maar ons het 'n selfs groter verantwoordlikheid om met die algemene publiek in gesprek te tree, en dit in 'n taal wat almal kan verstaan."
Vir meer inligting, kontak sciencecafe@sun.ac.za om op hoogte gehou te word van toekomstige geleenthede.
Volg ons op Twitter of Facebook.
Program vir Science Café by Woordfees 2020. Hou 9 - 12 Maart 2020 oop.
Gespreksleier: Prof Jannie Hofmeyr
Eugène Marais se Siel van die Mier: voorloper van moderne masjienleer Spreker: Prof Andries Engelbrecht: gesamentlike aanstelling in die Fakulteit Natuurwetenskappe en die Fakulteit Ingenieurswese Wanneer: 9 Maart 2020, 18:30 Waar: Die Plataan Gratis toegang | Heuningbos se storie: vanaf die Langkloof tot wêreldklastee Sprekers: Prof Lizette Joubert en Prof Cecilia Bester, Landbounavorsingsraad; en Prof Ann Louw, Departement Biochemie Wanneer: 11 Maart 2020, 18:30 Waar: Die Plataan Gratis toegang |
Hoe lyk lewe onder die mikroskoop? Spreker: Prof Lydia-Marié Joubert, US Sentrale Analitiese Fasiliteite Wanneer: 10 Maart 2020, 13:00 Waar: US Biblioteek Ouditorium Gratis toegang | Genetiese toetse: waardevolle selfkennis of slangolie? Sprekers: Prof Soraya Bardien, Molekulêre Biologie en mensgenetika en Prof Monique Zaahl, Genediagnostics Wanneer: 12 Maart 2020, 18:30 Waar: Die Plataan Gratis toegang |
Informeel is die nuwe formeel: integrasie van informele nedersettings in ons stede Sprekers: Dr Leanne Seeliger, US Waterinstituut en Mnr Paul Roviss Khambule, Enkanini Projek Wanneer: 10 Maart 2020, 18:30 Waar: Die Plataan Gratis toegang | |
Onder: Die bekende natuurliefhebber Dave Pepler in gesprek met wetenskaplikes Lester Davids, Jannie Hofmeyr en Gideon Wolfaardt oor die evolusie van velkleur, die wonderwêreld van die menslike sel, en jou eie persoonlike mikrobioom tydens 'n vorige Woordfees.

