Die Fakulteit Natuurwetenskappe bestaan uit ag dinamiese departemente wat in 'n aantal geboue op die hoofkampus gehuisves word. Hier word onderrig en nagraadse navorsing ondersteun met behulp van baie modern toerusting en hoogs opgeleide en ervare personeel.
Die navorsingsinstitute en -sentrums wat onder die vaandel van departemente in die Fakulteit Natuurwetenskappe funksioneer, versterk die onderrig- en navorsingsprogramme van die fakulteit. Klik hier vir die Fakulteit se organisasiestruktuur.
Departemente
Die Fakulteit Natuurwetenskappe bestaan uit agt dinamiese departemente; met die departement Wiskundige Wetenskappe wat uit die afdelings Wiskunde, Toegepaste Wiskunde en Rekenaarwetenskap bestaan.