Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meganiese Werkswinkel

​Die meganiese werkswinkel wat deur die Department Fisika bestuur word, word in die Merensky-gebou gehuisves en lewer fynmeganiese dienste. Die werkswinkel is verantwoordelik vir die ontwerp en vervaardiging van wetenskaplike en tegniese instrumente.  In oorlegpleging met navorsers, ontwerp die werkswinkel instrumente op aanvraag,  hulle modifiseer bestaande instrumente, en ontwerp en maak ook onderdele of gedeeltes van instrumente. Dit sluit in die ontwikkeling en maak van unieke apparatuur vir die uitvoer van wetenskaplike eksperimente. Fynmeganiese herstelwerk word ook gedoen. Die fasiliteite maak voorsiening vir draai-, frees- en paswerk, asook vir fyn sweiswerk.

Kontak

Tel:  +27 21 808 3235

Stuur e-pos

Aanvraag vir dienste​

​​