Sunheart
Welkom by Universiteit Stellenbosch
sunheart

​Doelwitte

  • SUNheart is 'n nie winsbejagde fonds met die doel om behoeftige persone, veral die van voorheen benadeelde gemeenskappe, toegang to gevorderde mediese sorg / gevorderde kardiologie te verleen
  • SUNheart het ten doel die verbetering van infrastruktuur vir gevorderde kardiologie
  • SUNheart wil voldoende opleidingsposte finansier wat die toekoms van 'n gevorderde kardiologie diens in Suid-Afrika en Afrika verseker
  • Die primêre doel van SUNheart sal tot voordeel van die publiek wees soos beskryf in afdeling 30(1) van die Inkomste Belasting Wet. Die doel sal nie winsbejag en met 'n filantropiese uitkyk geskied waarvan ten minste 85% tot voordeel van burgers van Suid-Afrika sal wees.


 

Visie​

SUNheart het ten doel die versterking van die Divisie van Kardiogie van Stellenbosch Universiteit en Tygerberg Hospital met:

  • Gevorderde mediese sorg, spesifiek kardiologie dienste aan die mense van die Wes-Kaap
  • Verseker gelyke toegang vir alle mense
  • Praktiseer volgens internasionale riglyne
  • Opleiding van studente van alle vlakke van gesondheidsorg in Suid-Afrika
  • Opleiding van studente van ander Afrika lande vir die verbetering van gesondheidsorg op die kontinent
  • Vestig die Divisie van Kardiologie as 'n eenheid van uitnemendheid vir kardiale beelding, klepsiekte en perikardiale siekte
  • ​Voortgaan en uitbou van etiese navorsing in die konteks van die Suid-Afrikaanse gesondheidsorg omgewing