Sunheart
Welkom by Universiteit Stellenbosch

SUNheart

GE vennootskap

'n Langtermyn visie om kardiologie beeldingsfasiliteite en kundigheid van uitnemendheid by Tygerberg Hospitaal (TBH) te ontwikkel het nou 'n verdere hupstoot gekry met die skenking van 'n tegnologies gevorderde 4D eggokardiografie masjien, deur GE Healthcare, aan hierdie eenheid.

Professor Anton Doubell, hoof van die divisie van kardiologie by Tygerberg hospitaal en Stellenbosch Universiteit , het hierdie initiatief om beeldingsdienste uit te bou  5 jaar gelede geloods deur die aanstelling van Dr Philip Herbst as konsultant kardioloog aan die eenheid in 2008. Dr Herbst se spesifieke kundigheid in eggokardiografie verwerf tydens 'n 5 jaar kardiologie opleidingsprogram in Londen, Engeland. Na sy aanstelling by Tygerberg hospitaal het Dr Herbst 'n innoverende eggokardiografie opleidingsprogram, genaamd SUNecho, ontwikkel en geloods. Die SUNecho program behels 'n omvattende reeks tutoriale wat weekliks by TBH aangebied word en wat 'n unieke "kritiese denke" benadering volg wat plaaslik in die eenheid ontwikkel is. Die program maak ook voorsiening vir 'n groot praktiese komponent waartydens leerders onder toesig die tegniese vaardighede en kritiese denke aanleer en ontwikkel wat nodig is om hierdie tegniek op die hoogste vlak te beoefen. 'n Weeklikse beeldingsvergadering dien as platvorm om nuut gevonde tegnieke en denkwyses voor 'n panel deskundiges op die proef te stel. Laastens kry leerders die geleentheid om die eenheid se jaarlikse intensiewe 4 daagse eggokardiografie opleidingskursus by te woon wat enig in sy soort is in Suid Afrika en 'n ongeewenaarde leerskool vir eggokardiografie bied. Die Tygerberg Hospitaal se kardiologie eenheid bied tans opleiding nie net aan kardioloe nie maar aan 'n wye spektrum van mediese spesialiste. Hulle loods ook die eerste nagraadse eggokardiografie vakleeringskap wat in Augustus 2014 afskop sal hoogs gespesialiseerde eggokardiograwe aan die Suid Afrikaanse mark te lewer.

Die SUNecho program het ongekende sukses beleef in die kort 5 jaar sedert sy ontstaan. Daar is nou 'n kern van hoogs opgeleide spesialiste in kardiale beelding by TBH wat onlangs verder versterk is deur die aanstelling van Dr Alfonso Pecoraro as kardioloog. Dr Pecoraro spesialiseer in perioperatiewe en transoesofageale eggokardiografie was sterk steun verskaf aan die leidende rol wat die eenheid geneem het in die evaluasie en perkutane behandeling van klepsiektes.

Tygerberg hospitaal is uniek in Suid Afrika in terme van die spektrum van gespesialiseerde eggokardiografie dienste wat as roetine hier aangebied word. Die eenheid bied 'n stress- en transoesofageale eggodiens wat sy besige transtorakale diens van meer as 6000 studies jaarliks aanvul. Die beoordeling van kardiale hemodinamika en kontraktiele meganika deur die gebruik van gevorderde eggokardiografie tegnieke soos devormasie beelding word nou in roetine praktyk ingebou by hierdie eenheid.

Die kardiologie eenheid by TBH is nou die trotse eienaar van die grootste eggokardiografie beeldingsnetwerk in Suid Afrika (GE ECHOPAC).Hierdie netwerk stel hulle in staat om met groter doeltreffendheid die beoordeling en rapportering van gevalle af te handel en is 'n noodsaaklike komponent van beeldmanipulering vir die gebruik van gevorderde beeldingstegnieke. Nog 'n eerste vir hierdie eenheid was die aankope van die eerste en tot hede enigste "Heartworks" eggokardiografie opleidingssimulator in Suid Afrika. Die simulator stel die eenheid in staat om gevorderde kardiale anatomie opleiding te fasiliteer en speel 'n belangrike rol in die praktiese sy van die SUNecho opleidingsprogram.

Die eggokardiografie diens by Tygerberg hospital het uitgebrei en vervul huidiglik ook 'n kern rol in die buitepasiente kliniek vervul. Hierdie komponent van die diens poog om aan pasiente 'n "een-stop" diens te lewer wat die buitepasient diens doeltreffendheid en opleidingspotensiaal vir kardioloe in opleiding verbeter. In 'n poging om gelyke toegang tot gespesialiseerde dienste vir alle pasiente te verseker is onlangs ook 'n kardiologie uitreikdiens na sekondere hospitale in die TBH verwysingsarea begin wat 'n belangrike eggokardiografie komponent bevat. Die potensiaal om via tele – medisyne gevalle vanaf TBH met kollegas in meer afgelee hospitale te behartig via die ECHOPAC netwerk is 'n opwindende verwikkeling.

Die hoogtepunt van onlangse eggokardiografie vewikkelinge in die eenheid is ongetwyfeld die ruimhartige skenking van 'n gevorderde 4D eggokardiografie masjien aan die SUNheart hartstigting, 'n filantropiese organisasie gesetel in die kardiologie eenheid, deur GE Healthcare. Die belang van hierdie skenking kan nie oorbeklemtoon word nie aangesien dit 'n beduidenswaardige uitbreiding van ons 3D diens en kundigheid asook opleidingsmootlikhede in hierdie modaliteit sal verseker. Die skenking sal ook 'n belangrike bydrae in die navorsingsveld kan maak deur navorsing wat relevant is tot die Suid Afrikaanse konteks te ondersteun met die mees tegnologies gevorderde toerusting beskikbaar, voorwaar 'n voorreg!