Medical Imaging and Clinical Oncology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Mediese Beelding en Kliniese Onkologie

Die departement Mediese Beelding en Kliniese Onkologie is saamgestel uit die kliniese afdelings Kerngeneeskunde, Radiodiagnose, Stralingsonkologie en, Mediese Fisika.  Radiobiologie is ook 'n integrale deel van die Departement. Die afdeling Radiologie is hoofsaaklik betrokke by beeldingsondersoeke bv. rekenaartomografie (RT) en magnetiese resonansbeeling (MR); maar is ook betrokke by terapeutiese prosedures bv. intervensionele radiologie. Stralingsonkologie is verantwoordelik vir die behandeling van kankers deur bestraling en chemoterapie. Kerngeneeskunde doen beide funksionele beelding (PET/CT; SPECT/CT) en nie beelding studies. Kerngeneeskunde is ook betrokke by die behandeling van nie-kwaadaardige toestande soos hipertiroïdisme en die beelding en behandeling van sekere kwaadaardige toestande.  

Kernfunksies

  • Opleiding, hoofsaaklik van nagraadse studente. Ook betrokke by opleiding van mediese studente gedurende kliniese jare.
  • Navorsing: Al die afdelings is betrokke by verskeie navorsingsprojekte wat gereeld tot publikasies lei.
  • Kerngeneeskunde, Mediese Fisika en Stralingsonkologie is deur die Internasionale Atoomenergie Agentskap betrokke by die opleiding van genote uit Afrika.

Hoofdienste

Al die afdelings is betrokke by dienslewering, navorsing en opleiding van studente. Die opleidingsverantwoordelikheid sluit in die opleiding van voorgraads en nagraadse mediese student van die Universiteit van Stellenbosch en radiografie studente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Mediese Fisici word in samewerking met die Fakulteit Natuurwetenskappe opgelei. Dienslewering geskied aan binne- en buitepasiënte van Tygerberg Hospitaal. Kerngeneeskunde lewer ook dienste aan pasiënte wat van streeks- en sekondêre hospitale verwys word.​