Afdeling Mediese Fisika
Die Afdeling Mediese Fisika lewer diens aan die Afdelings Stralingsonkologie, Kerngeneeskunde en Diagnostiese Radiologie. Dienslewering behels dosismetings en dosisberekenings vir pasiënte, gehalteverserkering van toerusting wat straling lewer, stralingsbeskerming aan personeel, pasiënte en lede van die publiek en die opleiding van nagraadse studente en radiografie studente.
Gebiede van kundigheid sluit in:
- Meting van ioniseerstraling.
- Optimisering van kerngeneeskunde beelde.
- Behandelingsbeplanning van Stralingonkologie pasiënte.
- Dosering van mediese fisika en radiologiese fisika.
- Vervaardiging van immobilisasie en bundelvorming toestelle vir stralingsonkologie pasiënte.
- Stralingsbeskerming kundigheid met betrekking tot die ESKOM Tygerberg Stralingsongevalle Fasiliteit (TBOF).
- Bragiterapie Dosimetrie