Molecular Biology Human Genetics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika

Die afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika is 'n navorsingseenheid wat toegespits is op hoofsaaklik twee velde, nl. tuberkulose en oorerflike genetiese siektes. Hierdie twee uiteenlopende areas word verenig in die bestudering van die fundamentele biologie van nuklieïensure en genetiese materiaal van beide die mens en ander organisme. Hierdie molekulêre aanslag op die navorsing is gegrond op moderne laboratoriumtegnieke en in samewerking met nasionale en internasionale leiers op die gebied.


Die afdeling word ondersteun en befonds deur ondermeer die MNR, NNS en DWT deur die stigting van twee sentrums. Die DST/NRF sentrum vir Uitnemendheid in Biomediese Tuberkulose Navorsing (CBTBR) is aangewys as een van slegs ses soortgelyke sentrums vir top navorsingsgeleenthede in Suid-Afrika wat die afgelope twee jaar tot stand gebring is. Die MNR Sentrum vir Molekulêre en Sellulêre Biologie (CMCB) is 'n goed-gevestigde sentrum wat al steun geniet vir meer as tien jaar. Die afdeling bestaan uit byna 75 personeellede en nagraadse studente wat talle manuskripte per jaar in eweknie-beoordeelde, internasionale wetenskaplike tydskrifte publiseer.