Family Medicine & Primary Care
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg​

​​Navorsing

​Navorsingsdoelstelling


Die afdeling fokus op navorsing wat in pas is met ons visie, verband hou met die siektelas van ons gemeenskap en geïntegreer is met die behoeftes van die dienslewerende organisasie. Navorsingsaksies streef na operasionele of implementerings navorsing en fokus op die toepassing van bewysgebaseerde bevindinge en die verbetering van gehalte sorg in die distrikgesondheidstelsel. 

Bevindinge uit die voorgraadse arena word gedokumenteer en waar moontlik word voorgraadse studente betrek in navorsingsprojekte.

Die Magister studieleiers is toegerus om projekte in hul veld van ervaring aan te pak. Voortgesette onderrig bemagtig studieleiers. Magister studente word betrek by groter navorsingsgroepe indien moontlik. Alle navorsingstake word gepubliseer.

In die Doktorale gebied neem die studente getalle beduidend toe en die navorsingsuitsette het 'n groter invloed. Verskeie akademiese personeellede is in staat om doktorale navorsing te lei.

Die afdeling ontwikkel 'n navorsingseenheid, met 'n navorsingsfokus in die volgende areas van primêre sorg en die distrikshospitaal omgewing:

  • Fundamentele navorsing wat navorsingstegnieke ontwikkel
  • Kliniese navorsing wat fokus op die toestande en kliniese sorg oor die volle spektrum van die siektelas
  • Gesondheidsdienslewering-navorsing wat op sleutelareas fokus, b.v. toegang tot sorg, koordinering en voortsetting van sorg, omvattende sorg, doeltreffendheid van sorg
  • Gesondheid stelsel navorsing wat die breër beleid-verwante kwessies teiken
  • ​Opvoedkundige navorsing verwant tot die huisartskunde dissipline​

Die studente en studieleiers in die afdeling is betrokke in verskeie navorsingsprojekte. Raadpleeg asseblief die volgende navorsingsverslae (slegs in Engels beskikbaar) vir meer inligting.



​