Clinical Pharmacology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​Welkom by die Afdeling Kliniese Farmakologie aan die Universiteit Stellenbosch.

Die Afdeling Kliniese Farmakologie is deel van die Departement Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

 

Visie & Missie

Ons visie:

Om 'n leier in die veld van kliniese farmakologie te raak ten einde pasiëntesorg in Suid-Afrika, Afrika en verder te verbeter.

Ons missie:

Om gesondheidsorg te bevorder deur uitnemendheid en innovering te kweek deur middel van onderrig, kliniese dienste, navorsing en geneesmiddelontwikkeling.

 

Onderrig, Kliniese dienste & Navorsing

Onderrig:

  • Bied innoverendeultramoderne onderrig aan studente en gesondheidsorgpraktisyns. 
  • Fokus op bewysgebaseerde benadering tot die voorskryf van medikasie. 
  • Ontwikkel studente en dokters wat leiers in die veld van kliniese farmakologie kan raak. 
  • Lei professionele gesondheidsorgwerkers op vir geneesmiddelontwikkeling. ​


Kliniese dienste:

  • Bied bewysgebaseerde sorg wat die gebruik van medikasie in alle gesondheidsorgkontekste sal optimaliseer. 

  • Verbeter gesondheidsuitkomste soveel moontlik deur middel van vennootskappe met pasiënteversorgersprofessionele gesondheidsorgwerkersreguleerders en beleidmakers. 

  • Bied 'n gifstofinligtingsdiens van hoë gehalte aan professionele gesondheidsorgwerkers en die algemene publiek. 

  • Lewer 'n ultramoderne moniteringsdiens oor terapeutiese middels aan plaaslike hospitale sowel as privaat laboratoriums. 

  • Neem deel aan plaaslikenasionale en internasionale gesondheidsprogramme wat gesondheidsorgverbeteringwelstandsiektevoorkoming en -behandelingen toegang tot gesondheidsorg bevorder en bepleit. 

  • Dien as pleitbesorger vir pasiënteveral vir diensarm populasies. ​

  • Lewer en versprei kennis om pasiëntesorg, medikasieveiligheid, siektevoorkoming en ‑behandeling, gesondheidsorg wat kostedoeltreffend en van hoë gehalte is, en kliniese farmakologieopleiding te bevorder.
  • Pas nuwe kennis toe om innoverende modelle van gesondheidsorglewering, gesondheidsbeleid en opleiding in kliniese farmakologie te ontwikkel, evalueer en versprei.
  • Wees as aktiewe leiers by die Universiteit Stellenbosch betrokke.