Onderrig - Voorgraadse onderrig
Ons is daarvoor verantwoordelik om voorgraadse mediese studente in die beginsels van kliniese farmakologie te onderrig. Gestruktureerde voorgraadse onderrigblokke in kliniese farmakologie maak deel van MB,ChB I en MB,ChB V uit:
- MB,ChB I (verlengde graadprogram 2) – Basiese Terapeutiese Beginsels
- MB,ChB I – Beginsels van Terapie
- MB,ChB V – Kliniese Farmakologie
Ons doen onderrigaktiwiteite in kliniese farmakologie langs die hospitaalbed en andersins wanneer MB,ChB III, IV en V deur interne geneeskunde roteer.
Kliek hier om aansoek te doen vir voorgraadse studie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------
MB, ChB I (Verlengde graadprogram 2) Basiese Terapeutiese Beginsels 198
Dit is die inleidende module tot Beginsels van Terapie 141 (tweedejaarstudente in die verlengde graadprogram)
Onder meer die volgende onderwerpe word gedek:
- Inleidende aspekte van farmakokinetika en farmakodinamika
- Die farmakologie van die outonome senustelsel
- Middels vir die beheer van pyn en inflammasie
- Chemoterapeutiese middels wat bakterieë, fungi, virusse en parasiete teenwerk
» Jaarboek
MB, ChB I Beginsels van Terapie 141
Onder meer die volgende onderwerpe word gedek:
- Inleidende aspekte van farmakokinetika en farmakodinamika
- Die farmakologie van die outonome senustelsel
- Middels vir die beheer van pyn en inflammasie
- Chemoterapeutiese middels wat bakterieë, fungi, virusse en parasiete teenwerk
- Die farmakologie van die endokriene senustelsel
- Bewysgebaseerde geneeskunde
- Beginsels van fisioterapie in die behandeling van pyn
- Beginsels van chirurgie
» Jaarboek
MB, ChB V Kliniese Farmakologie 511
Onder meer die volgende onderwerpe word gedek:
- Farmakokinetika
- Farmakodinamika
- Middelinteraksie
- Terapeutiese-middel-monitering
- Die uitreiking van voorskrifte vir besondere populasies: met nierskade, met hepatiese skade, bejaard, swanger, borsvoed, krities siek en kinders
- Middelveiligheid en ongewenste middelreaksies
- Die uitreiking van voorskrifte en skedulering van medikasie
- Die behandeling allergiese rinitis, asma en COPS
- Die behandeling van infeksiesiektes: beginsels van antibiotikavoorskrifte, MIV, tuberkulose en malaria
- Die behandelingvan algemene vergiftigings
- Bewysgebaseerde gesondheidsorg
- Die behandeling van artritis en pyn
- Die behandeling van endokriene siektes: diabetes, osteoporose, skildkliersiekte en endokriene noodgevalle
- Diebehandeling van kardiovaskulêre siektes: akute koronêre sindrome, hartversaking, lipiede ongesteldhede en antistolbehandeling
- Psigofarmakologie: behandeling van van neurologiese siektes: depressie, psigose en epilepsie
» Jaarboek