Mechanical & Mechatronic Engineering
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe doen ek aansoek?

​​​​​

Keuring en aansoekprosedure

  • Let asb. daarop dat daar twee (2) aansoekprosedures is waardeur alle voornemende nagraadse studente moet gaan: een by die Universiteit en die ander een by die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese.
  • Voornemende NG Dip in Ingenieurswese, MIng Gestruktureerd (Meganies), MIng Navorsing en PhD kandidate moet eers elektronies by die Universiteit aansoek doen deur die Elektroniese Aansoekvorm​te voltooi asook die relevante dokumente aanheg (soos versoek op die aansoekvorm). Die Departement se nagraadse administratiewe beampte sal die aansoek ontvang via die US se toelatingskantoor.
  • Indien die voornemende student voldoen aan al die toelatingsvereistes, sal hy/sy ingelig word dat hy/sy kwalifiseer om ʼn moontlike studieleier (in die geval van MIng Navorsing/PhD). Die lyste van moontlike onderwerpe is op die Navorsingsonderwerpe en Projek-onderwerpe​ bladsye beskikbaar. Voorgestelde navorsingsonderwerpe en die beskikbaarheid van fondse sal bespreek en onderhandel word.
  • Studente moet gehoor gee aan die sluitingsdatums vir aansoeke.
  • Aansoekers sal mettertyd met ʼn amptelike brief en/of e-pos ingelig word van die sukses van hulle aansoeke.
  • Moet asb. nie enige dosente kontak voor jy nie die boodskap ontvang het dat jy mag voortgaan nie.



Intern​asionale studente

Internasionale studente volg dieselfde aansoek-prosedure as Suid-Afrikaanse studente, behalwe dat hulle kwalifikasies deur die Internasionale Kantoor geëvalueer sal word. Die US het ʼn uitsonderlike Internasionale Kantoor wat internasionale studente help met die meer algemene sake rondom hul koms na Suid-Afrika. Besoek asb. hulle webwerf vir meer inligting oor ons kampus en ook die dienste wat die kantoor aanbied. Internasionale aansoekers sal so gou doenlik met ʼn amptelike brief en/of e-pos ingelig word van die sukses van hulle aansoeke. Hierdie inligting kan dan gebruik word om vir ʼn studie-visa aansoek te doen.

Sluitingsdatum vir aansoeke
Ons akademiese jaar begin laat Januarie en eindig vroeg Desember. Die eerste (1ste) semester is van Januarie tot Junie, en die tweede (2de) semester is van Julie tot Desember.

Sluitingsdatum vir Suid-Afrikaanse studente: – 1 Desember van die vorige jaar

Sluitingsdatum vir internasionale studente: – 30 September van die vorige jaar

Enige navrae oor PhD / MIng Navorsing, kontak gerus vir Christine Gericke by mcgericke@sun.ac.za ​

Enige navrae oor NG Dip in Ingenieurswese / MIng Gestruktureerd, kontak gerus vir Carla Nel by carlanel@sun.ac.za