Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Herkouer voeding

 

Herkouervoeding navorsing is hoofsaaklik gerig op die optimale benutting van beskikbare grondstowwe om die produksie van beeste, skape en bokke te verbeter. Een van die sterk fokuspunte is op rumenmetabolisme en die fermentasie tempo van ruvoere. Aspekte soos die effek van rumen pH en partikelgrootte op rumen veselvertering, sowel as die kombinasies van verskillende voer- en energiebronne mikrobiese doeltreffendheid te verhoog, word ondersoek. Die gebruik van eksogene fibrolitiese ensieme om die verteerbaarheid van ruvoere te verhoog, word ook ondersoek.

Kleinvee navorsing fokus op die doeltreffende produksie van lammers en skape in intensiewe en ekstensiewe produksiestelsels. Navorsing fokus op beide die voorspeen (kruip dieet) en na-speen (afrond dieet) fases, met spesiale aandag wat gegee word aan die optimalisering van die dieet in terme van aminosuur-, nie-strukturele koolhidrate-, vesel- en mineraalinhoud. Alternatiewe voer, soos kuilvoer as 'n komponent van voerkraaldiëte of die gebruik van medics weiding as 'n basis vir die afronding van lammers vir die mark, word ook ondersoek. Waar moontlik, word die invloed van voeding op vleiskwaliteit ondersoek, om seker te maak dat daar voldoen kan word aan die behoefte van verbruikers wat ʼn gesonde vleis verkies wat op 'n omgewingsvriendelike wyse geproduseer is.