Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Akwakultuur

Akwakultuur navorsing fokus hoofsaaklik op die bestuur van die water-ekologie van geïntegreerde akwakultuur-landbou-stelsels om die volhoubare benutting en lewensvatbaarheid van sulke stelsels te verseker. Ander navorsing fokus op die voedings- en fisiologiese bestuur van verskeie varswater- en mariene akwakultuur spesies onder kommersiële sowel as kleinskaalse of landelike toestande, om sodoende produksie te optimaliseer. Spesies wat onder andere bestudeer word, sluit in verskeie van die tilapia spesies soos die Nyl tilapia (Oreochromis niloticus) en Mosambiek tilapia (Oreochromis mossambicus), Artemia (Artemia naupli), en Afrikaanse baber (Clarias gariepinus) en perlemoen (Haliotis midae).