International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal

S​tudentesteundienste

Verblyf & Vervoer


Verblyf

Internasionale voorgraadse studente kan in die Internasionale Studente Lodge op die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se Tygerberg-kampus tuisgaan. 

Die TygerVista Lodge, op die Tygerberg-kampus, is vir nagraadse studente en professionele gesondheidswerkers bedoel. 

Om u verblyf in hierdie lodges te verseker, moet u u bespreking drie maande voordat die elektiewe rotasie begin, bevestig en sorg dat ons die volle betaling daarvoor ontvang. ​

Studente en gesondheidspraktisyns wat die elektiewe program volg, mag hulle eie verblyf via Airbnbreël. Woonbuurte wat naby Tygerberg Hospitaal geleë is, is onder meer Welgemoed, Durbanville en Vierlanden.​


Kontakbesonderhede vir meer inligting:

Lodge vir elektiewe internasionale studente:
Me Surita Riffel
+27 21 938 9578
suritar@sun.ac.za


Vervoer

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bedryf nie ’n pendeldiens tussen die Tygerberg-kampus en Kaapstad Internasionale Lughawe nie. Ons raai internasionale studente en besoekers aan om, wanneer u in Kaapstad aanland, lughawependeldienste, motorhuurmaatskappye of ander ondernemings soos Uber en Taxify te gebruik. Doen gerus by TI​ navraag oor hoe om ’n privaat voertuig by die Kampusverkeerskantoor te registreer.​