SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

MPhil in Volhoubare Ontwikkeling

​​

Na voltooing van die NGD, word studente wat die Volhoubare Ontwikkelingsbeplanning spesialisasie wil voltooi (ten einde as beplanners in SA te werk), aangeraai om die opsie van 'n 120 krediete tesis plus vier elektiewe te kies. Dit word aanbeveel dat hierdie vier addisionele modules uit die Volhoubare Ontwikkelingsbeplanning stroom van die NGD gekies word; of uit die MPhil Omgewingsbestuur of HonsPA of MPA-programme wat deur SPL aangebied word; of uit die M-graad in Stads- en Streekbeplanning  (MSS) of die MPhil (Stedelike en Streekwetenskap) wat aangebied word by die Sentrum vir Streeks- en Stedelike Innovasie en Statistiese Eksplorasie (beter bekend as CRUISE, in Engels) wat deel is van die  Departement Geografie en Omgewingstudies in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte. Behalwe die NG modules wat vroeër gelys is, word die volgende spesifieke elektiewe aanbeveel: Geografiese Inligtingstelsels in Omgewing Analise en Bestuur (of 'n soortgelyke GIS module), Projekbestuur (SPL) en Stedelike Bestuursprosesse (CRUISE). Die navorsingskomponent vir die MPhil benodig ook 'n "Volhoubare Ontwikkelingsbeplanning" fokus.

Die Skool vir Openbare Leierskap bied twee projekbestuur kursusse aan: 'n basiese kursus genaamd Projekbestuur asook Gevorderde Projekbestuur. Beide hierdie kursusse kan as elektiewe gekies word en sal onder hierdie titels geakkrediteer word.

 

Opsie 1

Navorsingskomponent  plus twee elektiewe programme: 'n 150 krediet navorsingskomponent (sien opsies hieronder) plus twee elektiewe met 15 kredietwaarde elk; gekies uit die module aanbod vir die NGD program of  enige ander program by die US of ander onderwysinstelling op voorwaarde dat hierdie elektiewe deur die programkoordineerder goedgekeur word. Die program sal uit die volgende bestaan:

 - Navorsingsmetodologie kursus, plus

- Twee elektiewe: 15 krediete elkeen, plus

- Navorsingskomponent: 150 krediete met die volgende opsies:

 i. Twee akademiese artikels geskryf in die styl van 'n vooraf bepaalde joernaal en in ooreenstemming met die vereistes van die Universiteit, die Skool en die studieleier (±800 woorde [±24 bladsye] per joernaal artikel

OF

ii. 'n Projekvoorstel vir 'n gegewe ontwikkelingsprojek  wat die doel, objektiewe, implementeringsplan, begroting en monitering en evaluasie meganisme moet definieer soos in ooreenstemming met die Logiese Raamwerk Analise projekbestuursbenadering (±40 000 woorde [±120 bladsye]).

OF

iii. 'n Gewone tesis in ooreenstemming met die gewone akademiese formaat en vereistes van die Universiteit, die Skool en die studieleier (±40 000 woorde [±120 bladsye]).

 

Opsie 2

Navorsingskomponent plus vier elektiewe programme: 'n 120 krediete navorsingskomponent (sien opsies hieronder) plus vier elektiewe , elk 15 krediete, gekies uit die modules aangebied in die NGD program of van enige ander program aangebied by die Universiteit van Stellenbosch of ander onderwysinstellings op voorwaarde dat dit goedgekeur id deur die programkoordineerder. Die program sal uit die volgende bestaan:

- Navorsingsmetodologie-kursus, plus

- Vier elektiewe: 15 krediete elkeen, plus

- Navorsingskomponent: 120 krediete met die volgende opsies:

i. Twee akademiese artikels geskryf in die styl van 'n vooraf bepaalde joernaal en in ooreenstemming met die vereistes van die Universiteit, die Skool en die studieleier (±800 woorde [±24 bladsye] per joernaal artikel

OF

ii. 'n Projekvoorstel vir 'n gegewe ontwikkelingsprojek  wat die doel, objektiewe, implementeringsplan, begroting en moniyering en evaluasie meganisme moet definieer soos in ooreenstemming met die Logiese Raamwerk Analise projekbestuur benadering (±20 000 woorde [±60 bladsye]).

OF

iii. 'n Mini-tesis in ooreenstemming met die gewone akademiese formaat en vereistes van die Universiteit, die Skool en die studieleier (±20 000 woorde [±60 bladsye]).

 

Skedulering: Kandidate moet 'n navorsingsvoorstel skryf, in ooreenstemming met die Departementele Riglyne vir Navorsingsvoorstelle en aanvaarbaar vir die programkoördineerder en die Navorsingskomitee, en teen middel Desember inhandig vir registrasie teen einde Februarie.

Studieleier: Die navorsingskomitee sal 'n studieleier aan elke kandidaat toeken in ooreenstemming met die beskikbare vakkundigheid en met inagneming van 'n billike verdeling van die werkslas van studieleiers, asook twee eksaminatore.

 

Navrae

Vir verdere inligting oor fooie, beurse, verblyf of kurrikulum kontak Me Beatrix Steenkamp by Tel +27 (0) 21 881 3952 of e-pos:  bsteenkamp@sun.ac.za

Vir meer inligting oor die MPhil in Volhoubare Ontwikkeling: www.sustainabilityinstitute.net