Human Resources
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Takseersentrums

lyn_30.jpg 21.jpg

Ons het 'n pasgemaakte takseersentrum vir senior akademiese leiers aan die US ontwikkel.

​​Hierdie takseersentrum is beskikbaar vir alle vise-dekane/uitvoerende hoofde/departementele voorsitters en afdelingshoofde in akademiese omgewings. Dit is ʼn proses waartydens verskeie simulasies en assesserings gebruik word om bestaande vermoëns, vaardighede en opleidingsbehoeftes, sowel as potensiaal te bepaal, veral wat bestuurs- en mensvaardighede betref. Elke deelnemer kry volledige een-tot-een-terugvoer oor sy of haar onderskeie sterk punte en bevoegdhede. Enige bepaalde ontwikkelingsareas rakende die bevoegdhede wat van ʼn akademiese leier aan die US verwag word, sal ook uitgewys word.