Biochemistry
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Strauss Groep

GROEPLEIER: Prof Erick Strauss

Skakel na eie nav​​​​orsingsbladsy

Posisie: Professor 

Kantoor: A118 JC Smuts Building

Foon:      +27-(0)21-808-5866

Faks:      +27-(0)21-808-5863

E-pos:    estrauss@sun.ac.za 

​Opvoed​​​kundige agtergrond

PhD, Co​​​​rnell Universiteit (VSA), 2003

​Toek​ennings 

Raikes medalje, Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut (2013)

Beckman-Coulter Silwer medalje, Suid-Afrikaanse Vereniging vir Biochemie en Molekulêre Biologie (2010) 

NRF Presidentstoekenning (P-gradering) (2008-2012) 

Rektorstoekenning vir Voortreflike Onderrig, Universiteit Stellenbosch (2007)

Navorsi​​​ngsfokus

Chemiese Biologie, Meganistiese Ensimologie, Ontwikkeling & Ontdekking van Antimikrobiese MIddels, Biokatalise

​​​Navorsingsopsomming

Die Strauss Lab se kernnavorsingspogings is in die multidissip​linêre veld van Chemiese Biologie. Ons fokus hoofsaaklik op die chemie en biologie van die alomteenwoordige metaboliese kofaktor koënsiem A, en op lae molekulêre gewig tiol-afhanklike redoksbiologie. Ons pas ook die kundigheid wat ons op hierdie wyse verkry toe op die ontwerp en ontwikkeling van nuwe antimikrobiese middels - veral middels wat siektes teiken wat in die Afrika- gesondheidskonteks belangrik is, soos malaria en tuberkulose.

​​​Navorsingsbeskrywing

Belan​​gstellin​​​gs​

​Navorsing in die Strauss-groep is in die algemeen gefokus op die verhoging van ons begrip van die ensimologie van koënsiem A (KoA) en ander medisinaal-relevante lae molekulêre gewig tiole, en die toepassing van hierdie kennis in biokatalise en die ontwikkeling van antimikrobiese middels. Ons doel is om nuwe teikens in belangrike menslike patogene soos Staphylococcus aureus, Mycobacterium tuberculosis en Plasmodium falciparum te identifiseer wat hul afhanklikheid van hierdie noodsaaklike kofaktore uitbuit.

​Ons navorsingstrategie fokus op die opklaring en bestudering van alle aspekte van die ensieme wat betrokke is in d​​ie biosintetiese weg van die tiol-bevattende kofaktor, en die toepassing van hierdie kennis in die ontwerp van inhibeerders van hierdie ensieme asook daardies wat gebruik maak van die kofaktor. Dikwels is sulke inhibeerders is ook analoë van die natuurlike kofaktor, en kan dus biokatalities berei kan word deur koöptering van die natuurlike biosintetiese ensieme. In sommige gevalle gebeur dit natuurlik soos gewys in die figuur hieronder vir die natuurproduk CJ-15.801, wat hierdie proses gebruik as deel van sy inhibisiestrategie.

Ger​​eedskap

​Ons gebruik 'n wye verskeidenheid van gereedskap en tegnieke in ons laboratoriums, en jy kan verwag om mense te ontmoet wat molekulêre biologie doen, of proteïenuitdrukking en -suiwering, essaï-ontwikkeling, asook organiese sintese. Ons laboratoriums is goed toegerus om hierdie studies uit te voer, en ons steun swaar op die universiteit se uitstekende MS fasiliteit wat LC/MS en MALDI analise dienste aanbied. Ons werk ook nou saam met die sinteties organiese groep van prof Willem van Otterlo in die Departement Chemie en Polimeerwetenskap​

Samew​​​erking

Ons werk nou saam met verskeie internasionale navorsingsgroepe in die VSA, Spanje, Italië en Australië. Samewerkings wat alreeds vrugte gewerp het is dié die laboratorium van Hong Zhang aan die University of Texas Southwestern Medical Center in die VSA op die strukturele biologie van pantotenaat kinases, met die groep van Joaquín Ariño van die Universitat Autonoma de Barcelona in Barcelona, Spanje op KoA biosintese in gis, en met Kevin Saliba se groep by die Australian National University in Canberra, Australië op die ontwikkeling van antiplasmodiale middels wat KoA biosintese en benutting teiken.

​​Geselekteerde publikasies

Volledige lys beskikbaar by ReseachGate

Variation in pantothenate kinase type determines the pantothenamide mode of action and impacts on coenzyme A salvage biosynthesis. M. de Villiers, L. Barnard, L. Koekemoer, J.L. Snoep & E. Strauss. FEBS J. 281, 4731–4753 (2014).

Recent advances in targeting coenzyme A biosynthesis and utilization for antimicrobial drug development. W.J,A. Moolman, M. de Villiers, & E. Strauss. Biochem. Soc. Trans. 42, 1080–1086 (2014).

Structural modification of pantothenamides counteracts degradation by pantetheinase and improves antiplasmodial activity. M. de Villiers, C.J. Macuamule, C. Spry, Y.-M. Hyun, E. Strauss and K.J. Saliba. ACS Med. Chem. Lett. 4, 784−789 (2013).

Pantothenamides are potent, on-target inhibitors of Plasmodium falciparum growth when serum pantetheinase is inactivated. C. Spry, C. Macuamule, Z. Lin, K.G. Virga, R.E. Lee, E. Strauss and K.J. Saliba. PLoS ONE, 8(2): e54974 (2013).

The Antibiotic CJ-15,801 is an Antimetabolite which Hijacks and then Inhibits CoA Biosynthesis.  R. van der Westhuyzen, J.C. Hammons, J.L. Meier, S. Dahesh, W.J.A. Moolman, S.C. Pelly, V. Nizet, M.D. Burkart and E. Strauss. Chem. Biol. 19, 559–571 (2012).

Functional Mapping of the Disparate Activities of the Yeast Moonlighting Protein Hal3. J.A. Abrie, A. González, E. Strauss and J. Ariño. Biochem. J. 442, 357-368 (2012).

Grand challenge commentary: Exploiting single-cell variation for new antibiotics. E. Strauss. Nat. Chem. Biol. 6, 873–875, (2010).

Biocatalytic Production of Coenzyme A Analogues. E. Strauss, M. de Villiers and I. Rootman. ChemCatChem 2, 929-937, (2010).

Michael acceptor-containing coenzyme A analogues as inhibitors of the atypical coenzyme A disulfide reductase fromStaphylococcus aureus. R. van der Westhuyzen  and E. Strauss. J. Am. Chem. Soc. 132, 12853-12855 (2010).

Moonlighting proteins Hal3 and Vhs3 form a heteromeric PPCDC with Ykl088w in yeast CoA biosynthesis.  A. Ruiz, A. González, I. Muñoz, R. Serrano, J.A. Abrie, E. Strauss, and J. Ariño. Nature Chem. Biol. 5, 920-928, (2009).