Physiotherapy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Afdeling Fisioterapie

 

Hierdie program lei professionele fisioterapeute op om oor die nodige kennis, vaardighede en gesindhede te beskik om probleme met gewrigte, spiere en senuwee te behandel deur fisiese tegnieke te gebruik om genesing te bevorder. Benewens tegnologies gevorderde metodes soos elektroterapie en hidroterapie word manuele tegnieke (bv. massering, mobilisasie en manipulasie), oefenterapie, bewegingsontleding en bewegingsheropleiding tot volle funksionele herstel, ook as behandelingsmodaliteite gebruik.

Omvattende gesondheidsorg aan die gemeenskap lê klem op voorkoming, genesing en rehabilitasie. Fisioterapeute werk sowel selfstandig as in spanverband in die gesondheidsektor. Hul help pasiënte van alle ouderdomme om disfunksies te oorkom en van siektes of beserings te herstel; hulle help selfs gesonde mense om hul prestasievermoë te verbeter.