Immunology Research Group
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Universiteit Stellenbosch Immunologie Navorsingsgroep

Ons fokus

Die hooffokus van die Stellenbosch Universiteit Immunologie Navorsingsgroep is om immuun-biomerkers te identifiseer wat in kliniese proewe vir nuwe diagnostiese toetse, nuwe behandelings en entstowwe gebruik kan word.  Ons werk saam met verskeie internasionale konsortiums en Amerikaanse, Europese en Afrika vennote op groot groepe studiedeelnemers met kenmerkende tuberkulose infeksie en siekte fenotipes om te soek na biomerkers van TB infeksie en siekte.

Ons fokus ook op immuun-endokrien wisselwerkings en spesifiek die rol van tipe 2 diabetes mellitus in TB vatbaarheid.

Ons laboratoriumspan verwerk 'n verskeidenheid monstertipes, insluitende serum, uriene, speeksel, sputum, uitgeasemde kondensaat, brongo-alveolêre spoeling, pleurale vloeistof en serebrospinale vloeistof, afhangende van die vereistes van die spesifieke studie.  Monsters word gestoor in minus 80⁰C vrieskaste en vloeibare stikstof en die organisasie daarvan word beheer deur 'n databasis en laboratorium databestuur sisteem. 

Ons doen roetine Quantiferon en TSPOT-TB toetse, kriopreserveer PBMC's, kort- en langtermyn heelbloedkulture of PBMC toetse gestimuleer met 'n verskeidenheid van mikobakteriële antigene, heelbloed en PBMC vloeisitometrie analises (8-kleur), insluitende fenotipering en intrasellulêre sitokienproduksie, RNA ekstraksies vir kwantitatiewe intydse PKR en multipleks sitokienreekse (Luminex platform, MSD platform, grootskaalse studies vir ons en ander Suid-Afrikaanse groepe) en ELISA's.

Ons werk ook as spesialis immunologie laboratorium op sub-kontrakte vir kliniese proewe.

SUN-IRG is passievol oor opvoeding in immunologie en lewer jaarlikse verskeie doctors-, meesters- en honneursgrade op.​


​Ons gehalteverklaring

SUN-IRG verbind hulself tot aanvaarbare professionele praktyk deur 'n hoë standaard in navorsing en dienslewering te handhaaf.  Hierdie verbintenis tot kwaliteit strek van monsterversameling tot by publikasie en rapportering van uitslae. 

Ons is ISO 15189 geakkrediteer (M0498) deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasie Sisteem.  Dit dien as bewys dat SUN-IRG dit hulle ten doel stel om 'n uitnemende navorsingslaboratorium te wees, insluitende vir kliniese proewe.   Ons is aangesluit by eksterne bevoegdheid skemas (NEQAS en EQAPOL) as deel van ons regulatoriese standaard laboratorium prosedures vir gespesialiseerde immunologie tegnieke, insluitende Luminex, Quantiferon en TSPOT-TB toetse.​