Centre for Rehabilitation Studies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum vir Gestremdheids- en Rehabilitasiestudies

​​Missie, visie en doelwitte

 

Missie

Die sentrum is 'n toegewyde, koördinerende en leidinggewende instelling wat na liefs uitnemendheid streef deur die vervulling van die behoefte aan gevorderde interdissiplinêre studies, navorsing en dienste in die gestremdheids- en rehabilitasieverwante velde. Dít word bereik deur die opvoeding en opleiding van gesondheidswerkers uit verskillende agtergronde met die nodige kliniese kennis, vaardighede en sosio-politiese houdings met betrekking tot besluitneming, bestuur, opvoeding en navorsing ten einde konsultasie- en leierskapsposisies in die rehabilitasieveld te beklee. Die sentrum se missie word deur die beginsels van die omvattende primêre gesondheidsorgbenadering ondersteun, en sal deur samewerking met die gestremdheids- en dienssektore verwesenlik kan word. 

 

Visie

Die bereiking van uitnemendheid in rehabilitasie deur vennootskappe.

 

BESTUURSKOMITEE

Die sentrum word deur 'n bestuurskomitee bestuur. Die lede van hierdie komitee word getrek uit verskeie dissiplines in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en ander fakulteite van die Universiteit Stellenbosch, asook organisasies vir gestremde persone.

UITVOERENDE KOMITEE

Die uitvoerende komitee is verantwoordelik vir bedryfsake in tydperke tussen bestuurskomiteevergaderings.


 

Doelwitte 

 

Navorsing en ontwikkeling

Kwalitatiewe, kwantitatiewe en evaluerende navorsing gerig op die epidemiologie van gestremdheid en probleemanalise word onderneem, ten einde persone met gestremdhede se herintegrasie in die gemeenskap te fasiliteer.

Om die resultate van navorsing beskikbaar te stel deur middel van publikasies, referate, beleids-, dokumente, seminare, VPO kursusse en die beskikbaarstelling van navorsingsbevindings aan belanghebbendes.

 

Onderrig en leer in rehabilitasie

Die Sentrum is verantwoordelik vir die modules en nagraadse programme in rehabilitasie wat vir die opleiding van studente in rehabilitasie en gesondheidsverwante professies gebruik kan word en wat uitvoering aan die diensbehoeftes deur middel van die geïntegreerde onderrigdiensplatform kan gee.

Spesiale aandag word aan die onwikkeling en aanbieding van rehabilitasieverwante voortesette professionele ontwikkeling, en ander opvoedkundige programme, vir gesondheids- en gesondheidsverwante professies gegee binne alle vlakke van gesondheidsdienste en in die gemeenskap.

 

Steundienste

Die Sentrum fasiliteer rehabilitasieverwante diensprogramme binne alle vlakke van gesondheidsdienste en in die gemeenskap ten einde die herintegrasie van gestremde persone in die huis en werkomgewing, deur navorsing en onderrig, te bevorder.

 

Samewerking

Die sentrum werk saam met ander fakulteite, dissiplines en hoëronderrig-instansies, organisasies vir gestremde mense, gemeenskappe, NRO's en openbare en private gesondheidsdienste en ander soortgelyke liggame.