Sentrum vir Rehabilitasiesentrum
Onderrig
Magister in Menslike Rehabilitasiestudies
Hierdie unieke kursus is van belang
vir mense wat by rehabilitasie betrokke is, byvoorbeeld dokters,
verpleegkundiges, fisio-, arbeids- en spraakterapeute, maatskaplike
werkers en kliniese sielkundiges. Die kursus het 'n interdissiplinêre
benadering met die klem op die ontwikkeling van leierskapsvaardighede
ten einde ontwikkeling, bestuur, evaluering en navorsing in toepaslike
en kostedoeltreffende rehabilitasie- en gestremdheidsverwante programme
te bevorder. Daar word verwag dat die produkte van hierdie kursus
leiersrolle sal speel in die transformasie van rehabilitasieverwante
programme en beleid en dat hulle later die vermoeë sal hê in posisies
sal wees om as konsultante vir ander in die veld op te tree.
Toelatings- en keuringsvereistes
Vir toelating tot die M in Menslike Rehabilitasiestudies-graadprogram moet 'n student in
besit
wees van 'n MB,ChB-graad, 'n baccalaureusgraad, 'n vierjarige
baccalaureusgraad in die Natuurwetenskappe of 'n
honneurs-baccalaureusgraad in 'n toepaslike gesondheids- of aanverwante
rigting, of van 'n gelykwaardige kwalifikasie wat die Senaat vir dié
doel
goedgekeur het, of moes hy op 'n ander wyse 'n standaard van
bekwaamheid in sy bepaalde studierigtings bereik het wat na die oordeel
van die Senaat vir hierdie doel toereikend is.
Aard van die program
Hierdie program
-
Spreek die huidige behoefte vir gevorderde interdissiplinêre
studie en navorsing in die gestremdheid- en rehabilitasieverwante velde
aan, soos verwag word in verskeie
provinsiale, nasionale en internasionale beleidsdokumente, handveste en verhandelinge.
- Verskaf 'n interdissiplinêre groep gespesialiseerde
Rehabilitasie-professionele persone van 'n verskeidenheid professionele
agtergronde wat oor die nodige kliniese
besluitneming-, bestuur-,
navorsing- en opvoedkundige kennis, vaardighede en sosiopolitieke
houdings beskik, sodat posisies van leierskap binne die veld van
Rehabilitasie aanvaar kan word. -
Verskaf rehabilitasiespesialiste wat as spesialis-konsultante kan
optree in die publiek en private rehabilitasiedienste, binne en verder
as hulle spesifieke professionele
praktykvelde.
-
Rus die gekwalifiseerde leerder toe met 'n gesofistikeerde kennis
en begrip van verskynsels wat betrekking het op die gestremdheid- en
Rehabilitasie-verwante velde,
binne 'n menseregte- en sosiale model-perspektief. -
Verseker die bemeestering in die veld van Rehabilitasie, deur
hoërvlak-analise van nuwe inligting, die vermoë om kompleksiteit te
hanteer en om merkbare oplossings te
vind vir probleme en uitdagings.
-
Stel die gekwalifiseerde leerder in staat om gevorderde en onafhanklike navorsing te doen.
-
Stel die kwalifiserende leerder bekend aan die wêreld van
skolastiese kommunikasie, onder andere deur bystand met die publisering
van sy eie navorsingsverslae.
-
Dra by tot die groep Rehabilitasie-akademici en professionele
persone met die vaardigheid en kritiese intellektuele vermoë om die
toekoms in die veld van
Rehabilitasie te bevorder.
-
Spreek die land se behoeftes vir Rehabilitasie-spesialiste van die hoogste gehalte aan.
Studente kan een van twee keuses volg vir die program Magister in Menslike Rehabilitasiestudies, naamlik:
Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (gestruktureerd)
Studente
in besit van 'n baccalaureus- of 'n vierjarige baccalaureusgraad in die
Natuurwetenskappe volg 'n deeltydse, tweejarige modulêre program.
Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (tesis)
Studente
in besit van die MB,ChB- of 'n toepaslike honneurs-baccalaureusgraad
voltooi slegs 'n bevredigende tesis. Die tesisonderwerp word in oorleg
met die Hoof van die
Sentrum vir Rehabilitasiestudies bepaal.
Aanvullende studie uit die teoretiese modules van die gestruktureerde
program mag na gelang van die individuele geval deur die Hoof van die
Sentrum bepaal word.
Let Wel:
Teoretiese modules word ook by wyse van tegnologie-gemedieerde onderrig aangebied.
Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (gestruktureerd)
Aanbieding
Engels
Module-uiteensetting en kredietwaardes
Eerste jaar
Epidemiologie en Navorsingsmetodologie 842(40)
Rehabilitasie I 871(40)
Tweede jaar
Rehabilitasie II 872(40)
Navorsingswerkstuk 814(60)
Assessering en eksaminering
- Die
module Epidemiologie en Navorsingsmetodologie asook Rehabilitasie I
word aan die einde van die eerste studiejaar en die module Rehabilitasie
II en Navorsingswerkstuk aan die einde van die tweede studiejaar
voltooi.
- Deurlopende assessering in die vorm van toetse en
werkopdragte is van toepassing. Skriftelike eksamens word afgelê in die
Rehabilitasie I- en II-modules.
- Ten einde die program te slaag
is 'n minimum punt van 50% vir elke module nodig. Die student moet 'n
bevredigende navorsingswerkstuk indien waaruit dit duidelik blyk
dat hy in staat is om 'n onafhanklike wetenskaplike studie te verrig en uitslae te interpreteer.
Magister in Menslike Rehabilitasiestudies (tesis)
Aanbieding
Engels
Module-uiteensetting en kredietwaardes
Tesis 872(180)
Assessering en eksaminering
Om te slaag, moet 'n punt van minstens 50% vir die tesis behaal word.
Navrae
Programkoördineerder: Dr G Mji
Tel.: (021) 938 9528/9090 E-pos: gumji@sun.ac.za
Aanlyn aansoekvorm