SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsing

Die SPL se uitsette sluit die hoogste aantal geakrediteerde navorsingsartikels op die gebied van openbare en ontwikkelingsbestuur in Suid-Afrika in. Ons het ook aktiewe navorsings- en onderrig samewerking met nasionale en internasionale instellings en ons bied relevante en dinamiese voorgraadse en nagraadse programme in openbare en ontwikkelingsbestuur, omgewingsbestuur, volhoubare ontwikkelingsbeplanning, en openbare finansies. Ons leerinhoud is die resultaat van navorsing en 'n vergelykbare maatstaf van internasionaal erkende beste praktyke. Ons onderrigmateriaal kombineer wereldwye erkende teorie, toepassings en tegnieke. Dit word aangevul met voorbeelde, gevallestudies en oefeninge wat relevant is tot die plaaslike omstandighede. Huidige wetgewing, regulasies, riglyne, ander politieke uiting asook gemeenskaps- en omgewingswerklikhede word in ag geneem in nuwe leermateriaal wat voortdurend ontwikkel word.

 

 Verskeidenheid tesis, boeke en tydskrifartikels kan hieronder gevind word.

Jaar van Publikasie

2005200820112014
2006200920122015
200720102013