SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Diploma in Omgewingsbestuur

 

Die Nagraadse Diploma in Omgewingsbestuur (NGDip Omgewingsbestuur) is 'n heeltydse program oor een jaar en is gelykstaande aan 'n graadprogram op honneursvlak met 120 krediete.  Die program bestaan uit 8 (agt) modules (6 kern en 2 elektiewe) en word tydens die geskeduleerde kontaksessies by die Universiteit Stellenbosch (US) op modulêre basis aangebied.  Bywoning is verpligtend.

Toelatingsvereistes

Kandidate mag geskrewe aansoeke indien om tot hierdie gedoseerde Nagraadse Diploma in Omgewingsbestuur toegelaat te word mits hulle reeds een van die volgende kwalifikasies verwerf het:

  • Enige Baccalaureus- of BTech-graad of 'n toepaslike vierjaardiploma met 'n slaagpunt van 60% in een van die volgende hoofvakke: Stads- en Streekbeplanning, Behuising, Geografie en Omgewingstudies, Sosiale Wetenskappe (Sosiologie, Politieke Wetenskap, ens), Sielkunde, Ekonomie, Openbare en Ontwikkelingsbestuur, Geologie, Botanie, Soölogie, Bosbou, Ekologie/Natuurbewaring, Wiskunde, Statistiek, Landbou-ekonomie, Vervoerekonomie, Siviele Ingenieurswese, Argitektuur, Landmeting, of enige ander graad wat die goedkeuring van die Programkomitee geniet.  Toepaslike werksondervinding sal vir toelating oorweeg word.
  • Enige driejaardiploma asook minstens vyf jaar toepaslike werksondervinding en voldoening aan die US se EVL-beleid (Erkenning van Vorige Leer).  Hiervolgens moet die ekwivalent van 120 krediete op NKR-vlak 6 (Baccalaureus-graad) op een of meer van die volgende wyses aangebied word, onderhewig aan die besluit van die Programkomitee, wat bestaan uit die Direkteur van die Skool vir Bedryfsleiding, die Programkoördineerder en ander belanghebbendes:
  • Voltooiing van minstens drie modules van die NGD curriculum met 'n totale slaagsyfer van 65%
  • Erkenning van al die professionele, kort indiensopleidingskursusse en voltooide vakke vir 'n ander graad- of diplomaprogram
  • Voorlegging van 'n studieportefeulje met afskrifte van geskrewe werk
  • Slaag van 'n toelatingseksamen indien die Programkoördineerder dit verlang

Indien 'n kandidaat 'n Merietesertifikaat vir een of meer individuele modules verwerf het, wat vir nie-graaddoeleindes voltooi is, mag die kandidaat aansoek doen dat die sertifikaat in krediete ten opsigte van die graad omgeskakel word.  Die besluit of so 'n versoek toegestaan sal word al dan nie, berus uitsluitlik by die Programkoördineerder.  S/hy sal die kandidaat se prestasievlak in ag neem, asook die tyd wat moontlik kon verloop het tussen voltooiing van die Sertifikaat en die rig van die aansoek om vir die graad te registreer.

Navrae

Vir nog besonderhede oor gelde, beurse, verblyf of curriculum, moet daar met me Jennifer Saunders (tel +27 (0)21 8082151 of e-pos: jjs3@sun.ac.za) in verbinding getree word.