SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

BPubAdmin Hons/BCom in OOB

​​​

Die doel van hierdie program is om gegradueerdes in Openbare Bestuur en Ontwikkeling asook  middelloopbaan bestuurders, reeds in besit is van 'n ander graad as Openbare en Ontwikkelingsbestuur, toe te rus met bevoegdhede in beleidsanalise en bestuur op Honneursvlak ten einde goeie staatsbestuur op plaaslike, provinsiale en nasionale  openbare en ontwikkelingsektore toe te pas.

 

Toelatingsvereistes

'n BA, BAdmin, BEcon, BComm-graad in Openbare en Ontwikkelingsbestuur met 'n aanvaarbare studierekord, OF

Enige universiteitsgraad/BTech-graad/vierjaar tersiêre diploma met 'n aanvaarbare studierekord, toepaslike werksondervinding en die slaag van vyf NKR vlak 6 toelatingsmodules, OF

Enige driejaar tersiêre diploma met 'n aanvaarbare studierekord, ten minste vyf jaar toepaslike werksondervinding, voldoening aan die EVL beleidsvereistes van die Universiteit, ingevolge waarvan die 120 krediete op NKR-vlak 6 geassesseer en erken word, sowel as die slaag van vyf NKR-vlak 6 toelatingsmodules.

 

Programinhoud

TOELATINGSMODULES: NQF vlak 7

  • Oriëntering tot Navorsingsmetodologie en Skryfvaardighede
  • Oriëntering tot Openbare BestuurOrientation to Public Management
  • Oriëntering tot Ontwikkelingsbestuur
  • Oriëntering tot Openbare Beleidstudies
  • Rekenaarvaardighede


PRESTASIE MODULES: NQF Vlak 8 (120 krediete)

  • Finansiële Bestuur en Koste Rekeningkunde
  • Inligting en Kommunikasie Tegnologie
  • Leierskap en Veranderingsbestuur
  • Mensebestuur
  • Projekbestuur
  • Openbare Beleidsbestuur
  • Volhoubare Ontwikkeling
  • Navorsingsverslag
  • Organisasie-ontwerp
  • Ekonomiese Bestuur
  • Politieke Bestuur OF Plaaslike Bestuur (Elektiewe)

 

Kursus Fooi

 Aansoek fooi: R100

 BPubAdminHons klasgelde totaal: ± R56 751.55 * ingesluit. laptop met e-boeke / harde kopie boeke (uitgesluit. reis- en verblyfkoste wat jy mag aangaan)

 Registrasiefooi: R8278.00

*Die registrasiefooi is 'n minimum betaling van die totale klasgelde. Dit is dus nie 'n bykomende betaling bo en behalwe die bedrag hierbo genoem.

 

Navrae

Vir verdere inligting oor fooie, beurse of die kurrikulum kontak Me Lydia Meyer by Tel +27 (0)21 918 4192 of e-pos: lrm@sun.ac.za  

Internasionale studente moet navrae rig aan die Internasionale Kantoor , e-pos: interoff@sun.ac.za.  

.