SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

CLG (Center for Local Governance)

​Die SPL het, deur sy verskillende akademiese programme en verskaffing van graadopleiding en konsultasiedienste, op al drie terreine van regering, goeie insig ontwikkel in die uitdagings wat plaaslike besture in Suid-Afrika in die gesig staar. Dit het duidelik geword uit die skakeling met regeringsinstansies dat daar 'n groot tekort aan kundigheid op die terrein van plaaslike bestuur bestaan.

 

Terwyl dit erken word dat betekenisvolle vordering sedert 1994 gemaak is, is dit duidelik dat baie meer gedoen moet word om die diepgewortelde en oënskynlik voortslepende nalatenskap van apartheid te oorkom.

 

In hierdie opsig kan die SPL 'n belangrike rol speel in die aanbied van opleidingsprogramme wat spesifiek gefokus en ontwerp is om die prestasie van verkose en aangestelde amptenare in plaaslike en provinsiale regering te verhoog.

Uitgebreide konsultasies vind met plaaslike regeringsamptenare en raadslede plaas om toe te sien dat programme wat deur die CLG aangebied word, die aanvraag behoorlik aanspreek en toepaslik gerig word.

Die doelwit van die CLG is om die prestasie van plaaslike regering deur navorsing, innovasie, opleiding en gemeenskapsinteraksie te verbeter.

 

Gevolglik sal die CLG daarna streef om:

•Geleenthede te skep vir wêreldklas navorsing wat gerig is op die uitdagings van plaaslike en provinsiale regerings: nasionaal, in Afrika, asook internasionaal

• 'n Ruimte te skep waar toegang tot topklas hulpbronne en 'n kundigheidsentrum vir akademici, navorsers, amptenare, raadslede en nie-regeringsinstansies – in die plaaslike regering konteks – beskikbaar is

•Geleenthede te voorsien vir leer en groei en vir die ontwikkeling van 'n nuwe geslag denkleiers in die veld van plaaslike regering

 

​​