SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​

Ons Visie ​


Die visie van die Skool vir Publieke Leierskap is om 'n leier te wees in kundigheid vir 'n volhoubare toekoms in Afrika en wêreldwyd.

Goeie staatsbestuur en diensleweringuitdagings is wêreldwyd, maar veral in Afrika, 'n komplekse vraagstuk met 'n groot behoefte aan visionêre leierskap om op vernuwende wyse die pad vorentoe aan te dui.

Die Skool vir Publieke Leierskap bied oplossings aan deur unieke navorsing, graadkursusse, nagraadse en uitvoerende programme wat openbare waarde byvoeg tot die gemeenskap se voordeel binne 'n globale en Afrika konteks.

Studente, insluitend heelwat middelloopbaan leiers en bestuurders, word gelei om oplossings vir alle vlakke van die samelewing in die werksomgewing toe te pas. Veral uitdagend is die hedendaagse vraagstukke soos klimaatsverandering, beperkings van hulpbronne, werkloosheid, armoede en ongelykheid. Hierdie kwessies beïnvloed alle terreine van staatsbestuur , eis gesofistikeerde bestuursoplossings en verskaf die konteks sowel as die gespesialiseerde fokus van die SPL leierskapsontwikkeling inisiatiewe.

Die SPL dra op 'n dinamiese, intellektuele en professionele wyse by tot die drie pilare van effektiewe en etiese openbare leierskap: goeie staatsbestuur, omgewingsbestuur en volhoubare ontwikkeling. By die SPL is nougesette navorsing die bewese metode om oplossings vir problem te vind en daarom is alle programme wat by die SPL aangebied word, navorsings- en bewysgebaseerd. 

Die SPL is deurlopend besig om bruikbare kennis te genereer wat tot voordeel van Suid-Afrikaanse en globale burgers in die staatsbestuursomgewing bekend gestel word. Die SPL is 'n Sentrum van Uitnemendheid vir Bestuur in Afrika met 'n formidabele kapasiteit vir staatsbestuur, leierskap, ontwikkelingskennis en professionele praktyk. ​

​​

Ons Missie ​


Ons missie is om ons opkomende kennisgenerasie te ontwikkel en toe te rus.

By die SPL berei ons graduandi/student e voor vir leiersposisies in openbare en burgerlike organisasies om ontwikkeling en staatsbestuur kwessies aan te pak. Ons graduandi word toegerus met die kennis, vaardighede en waardes wat nodig is om volhoubare Afrika gemeenskappe binne 'n vinnig veranderende en komplekse wêreld te vestig. Klem word geplaas op die vaardigheid van studente om 'n oop, burgerlike gemeenskapsterrein te skep en te fasiliteer waar dialoog en geskilbeslegting kan floreer danksy 'n kultuur van verdraagsaamheid, nederigheid, solidariteit en deernis.

Om hierdie rede is die SPL se onderrig, navorsing, konsultasie en gemeenskapsinteraksie ontwerp om uitnemendheid, sosiale entrepreneurskap, reflektiewe leierskap en effektiewe bestuur te koester. Ons blink uit in die ontwikkeling van vaardighede wat nodig is om binne komplekse, multidissiplinêre netwerke en diverse operasionele omgewings te kan funksioneer. 

Die akademici by SPL is bekende en bekwame navorsers, dosente en is gesaghebbend op die gebied van staatsbestuur, leierskap, openbare beleid, openbare bestuur, volhoubare en geïntegreerde ontwikkelingsbestuur en omgewingsbestuur. Die toegewyde span akademici bly aan die voorpunt van die nuutste globale, streeks en plaaslike navorsingsontwikkeling, verkry eerstehandse ondervinding in internasionale beste praktyke in kennisontwikkeling terwyl hulle ook kennishulpbronne van 'n deurlopend hoë standaard lewer.

Die oordrag van kennis word gedoen deur voorgraadse, nagraadse en uitvoerende kursusse wat die ontwikkeling– en bestuursuitdagings ondersoek wat Suid-Afrika in die gesig staar. Deur te netwerk het die Skool kontakte met hoog aangeskrewe akademiese konneksies oorsee en plaaslik opgebou deur skakeling met sommige van die wêreld se top Skole van Openbare Sake in die VSA, Europa en Afrika, asook 'n network van Suid-Afrikaanse tersiêre instellings wat innoverende, toeganklike en toepaslike oplossings vir ons streek ontwikkel. Op hierdie wyse is die Skool eerstehands betrokke by beleidsontwikkeling, bestuurskonsultasie, gemeenskapsdienste en projek evaluering. Dit bied aan studente intydse insig in die nuutste tendense en ontwikkelings op hierdie vinnig-veranderende gebied.