SPL (School of Public Leadership)
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Diploma in Volhoubare Ontwikkeling

​​​​

Die Nagraadse Diploma in Volhoubare Ontwikkeling (NGDip Volhoubare Ontwikkeling) is 'n voltydse program (een jaar) of 'n deeltydse program (twee jaar). Die Nagraadse Diploma in Volhoubare Ontwikkeling is 'n 120 krediete Honneursvlak graad wat bestaan uit 'n verpligte driedaagse oriëntasie en agt kern modules wat uit 'n wye reeks van modules wat elke jaar aangebied word, gekies kan word.

Die Nagraadse Diploma is in vyf spesialisasie rigtings gestruktureerd (sien besonderhede hieronder) waarvan elke student 'n totaal van 8 modules moet kies om hul eie kurrikulum saam te stel: Volhoubare Ontwikkeling (8 modules), Politieke Ekonomie van Ontwikkeling (3 modules), Volhoubare Voedselstelsels (3 modules), Volhoubare Ontwikkelingsbeplanning (3 modules), Hernubare en Volhoubare Energie (6 modules). Let asseblief daarop dat hierdie vyf spesialisaierigtings eers vanaf 2016 geimplementeer/ingestel word. Die formele spesialisasierigtings waarvoor studente in 2014 en 2015 geregistreer kan word, is die volgende:  Volhoubare Ontwikkeling, Hernubare en Volhoubare Energie, Volhoubare Landbou en Volhoubare Ontwikkelingsbeplanning.

 

Toelatingsvereistes

 Enige B- of BTech-graad of toepaslike vierjaardiploma geslaag met 'n 60% in een van die volgende hoofvakke: Stads-en Streeksbeplanning, Behuising, Geografie en Omgewingstudies, Sosiale Wetenskappe (sosiologie, politiek, ens.), Sielkunde, Ekonomie, Openbare en Ontwikkelingsbestuur, Geologie, Botanie, Zoologie, Bosbou, Ekologie/Natuurbewaring, Wiskunde, Statistiek, Lanbou-ekonomie, Vervoerekonomie, Siviele Ingenieurswese, Argitektuur, Landmeterkunde of enige ander graad soos goedgekeur deur die Programkomitee. Toepaslike werksondervinding sal ook oorweeg word vir toelating.

Enige driejaardiploma met ten minste vyf jaar toepaslike werkservaring en in ooreenstemming met die Universiteit se Ervaring van Vorige Leer (EVL) beleid. Ingevolge hierdie beleid moet die ekwivalent van 120 krediete op NKR vlak 6 (B-graad) voorgele word op een van die volgende maniere, onderhewigaan die beslissing van die Programkomitee wat bestaan uit die Direkteur van die Skool van Publikek Leierskap, die Programkoordineerder en ander toepaslike persone:

 * Voltooiing van ten minste drie modules van die NGD kurrikulum met 'n saamgestelde gemiddelde punt van 65% vir die drie modules

 * Erkenning van alle professionele kort indiensopleiding kursusse en voltooide vakke vir 'n ander graad- of diplomaprogram

* Indiening van 'n leerportfolio met afskrifte van geskrewe werk                                                                     '

* 'n Toelatingseksamen moet geslaag word indien vereis deur die programkoördineerder

 

Indien 'n kandidaat 'n Meriete Sertifikaat verwerf het vir een of meer individuele modules wat voltooi is vir nie-graaddoeleindes, mag die kandidaat  aansoek doen dat die sertifikaat of sertifikate omgeskakel word in krediete vir die graad. Die Programkoördineerder het alleenreg om te besluit of so 'n versoek toegestaan kan word. Die prestasie van die kandidaat sal in ag geneem word asook die tydperk wat verloop het sedert die Sertifikaat verwerf is en aansoek gedoen word vir registrasie tot die graad.

Vir meer inligting oor Nagraadse Diploma in Volhoubare Ontwikkeling, laai die interaktiewe prospektus of standaard weergawe prospektus hieronder af:

Navrae

Vir verdere inligting oor fooie, beurse, verblyf of kurrikulum kontak Monique Beukes (PGDip program administrateur) per e-pos: Mb7@sun.ac.za​

Vir meer inligting oor die kursusse wat deur die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange aangebied word, besoek:​ https://www0.sun.ac.za/cst/​